
Gauteng polisie hou 119 hoërisiko-stemlokale dop
Loading player...
Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het bevestig dat 119 stemlokale in die provinsie as hoërisiko geïdentifiseer is voor môre se verkiesing. Hy het het in Mayfair gesê 371 van die provinsie se 2 836 stemlokale, is as mediumrisiko geklassifiseer, terwyl 2 336 as laerisiko beskou word. Hy sê die ontplooiing van veiligheidsmagte word bepaal deur 'n evaluering te doen van die waarskynlikheid van betogings, politieke spanning en onrus wat met dienslewering verband hou:

