
VSA wat SA uit Agoa skop kan boemerang: kenner
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Christo van Rheede waarsku dat Amerika se besluit om Suid-Afrika se deelname aan Agoa op te skort, ook Amerikaanse sakebelange kan benadeel. Hy wys daarop dat meer as 600 Amerikaanse maatskappye, waaronder Ford en Microsoft, in Suid-Afrika werksaam is en dat ontwrigting van handels- en voorsieningskettings ook hul bedrywighede kan raak. Van Rheede waarsku verder dat Washington die risiko loop om handelsinvloed in die streek aan China af te staan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

