
Nuwe maandelikse toelaes vir interns ingestel
Loading player...
Die regering het sy beleid oor internskappe hersien en verskillende maandelikse toelaes vir student- en gegradueerde-interns ingestel. Voorheen het interns in albei kategorieë 2 244 Namibiese dollar 85 sent maandeliks ontvang, maar ingevolge die nuwe beleid sal student-interns 2 692 dollar 50 sent verdien, terwyl gegradueerde-interns 3 769 dollar 50 sent sal kry. Justina Shivolo, 'n ontleder van menslike hulpbronne in die Kantoor van die Eerste Minister, het die veranderinge tydens 'n inligtingsessie uiteengesit.

