Wagte sluit Nust se hekke

Loading player...
Vanoggend het werkers van PIS, die sekuriteitsmaatskappy wat die tender het vir dienste by Nust, die hekke van die universiteit gesluit, blykbaar in protes teen die maatskappy se versuim om aan die minimumloonbevel te voldoen. Aktivis Michael Amushelelo was weer aan die voorpunt saam met die werkers en eis regverdige behandeling. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
9 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Medisyne-inspekteurs moet by grense ontplooi word

Affirmative Respositioning-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette het in die parlement gedraai. Amupanda sê tablette is by die Ngoma-grens onderskep. Een pakkie kos volgens 'n verkrygingsbestelling 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal en 'n middelman maak glo 920…
11 Jun 4AM 1 min

Soldate sal in LA bly tot daar vrede is - Trump

President Donald Trump het nie ʼn sperdatum gestel vir die onttrekking van die Nasionale Wag en seesoldate in Los Angeles nie. Dit volg terwyl betogings oor sy administrasie se optrede teen immigrasie voortgaan. Trump het Saterdagaand tydens toenemende betogings opdrag gegee dat 2 000 lede van die Nasionale Wag ontplooi…
11 Jun 4AM 1 min

Namfisa belê in maatskaplike projekte

Die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings, Namfisa, het amper 448 000 Namibiese dollar aan onderrig-, kulturele- en maatskaplike inisiatiewe beskikbaar gestel as deel van sy program vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en belegging. Dit ondersteun skole, gemeenskapsrade en verskeie ontwikkelingsprojekte en bevorder finansiële geletterdheid en tegnologie in die fintech-sektor. Namfisa…
11 Jun 3AM 1 min

Onderwys kort belegging vir werkskepping - Gwarube

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ekonomiese groei is noodsaaklik vir die uitbreiding van werksgeleenthede in die onderwys-sektor. Sy het in Pretoria gepraat voor president Cyril Ramaphosa se ontmoeting met die jeug tydens die Presidensiële Jeugwerkverskaffings-ingryping en Werkverskaffing-stimulusprogramme. Ramaphosa sal skole en opleidingsentrums besoek wat openbare-privaat vennootskappe uitbeeld…
11 Jun 3AM 1 min

DA sê oor sy agenda in eenheidsregering

Die DA sê hy beywer hom in die regering van nasionale eenheid vir ʼn agenda wat groei eerste plaas en fokus op werkskepping, om beleggings te lok en energiesekerheid. Die party sê egter vordering word belemmer deur diegene wat onwillig is om besluite neem om die ekonomie te moderniseer. Nico…
11 Jun 2AM 1 min