Soldate sal in LA bly tot daar vrede is - Trump

--:--
President Donald Trump het nie ʼn sperdatum gestel vir die onttrekking van die Nasionale Wag en seesoldate in Los Angeles nie. Dit volg terwyl betogings oor sy administrasie se optrede teen immigrasie voortgaan. Trump het Saterdagaand tydens toenemende betogings opdrag gegee dat 2 000 lede van die Nasionale Wag ontplooi word. Hy het die getal Maandag tot 4 000 verdubbel en 700 seesoldate is ook ontplooi. Trump sê die Nasionale Wag en die seesoldate sal daar bly tot daar geen gevaar is nie:
11 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Taxi-leier in Gauteng vermoor

Die Gautengse polisie het bevestig die voorsitter van die Gautengse Nasionale Taxi-alliansie, Thami Moyo, is op die Soweto-snelweg doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Moyo het bestuur toe hy deur verdagtes in 'n Toyota-minibustaxi en 'n Toyota Yaris onderskep is. Skote is afgevuur, en Moyo is op die toneel dood…
19 Sep 2AM 1 min

Gholf: Vyf jong SA sterre skitter by Sunbet Challenge

Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is…
19 Sep 2AM 1 min

Eskom oorweeg stappe ná hofuitspraak oor gaskragaanleg

Eskom sê hy neem kennis van die Appèlhof se uitspraak wat die omgewingsgoedkeuring vir die voorgestelde gekombineerdesiklus-gaskragaanleg van 3 000 megawatt in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, tersydestel. Die hof het bevind daar was onvoldoende openbare deelname en daar is nie met kwesbare gemeenskappe beraadslaag nie. Hy voer ook aan ander hernubare energiebronne…
19 Sep 1AM 1 min

Trump: 'Putin het my in steek gelaat'

Die Amerikaanse president, Donald Trump het tydens 'n nuuskonferensie saam met die Britse Eerste Minister, Sir Keir Starmer, by Chequers gesê, "Putin het hom werklik in die steek gelaat". Volgens Starmer het Putin die laaste paar dae "sy werklike kleure gewys" en sê hulle moet druk op die Russiese president…
19 Sep 1AM 1 min

Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine…
19 Sep 1AM 1 min