Appollis het nie gebieg in Joslin-saak nie

--:--
Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy het 20 000 Suid-Afrikaanse rand van 'n sangoma ontvang. Harmse hou vol dat Appollis bloot voorgesê is wat om te sê:
30 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oranjemund-Rosh Pinah roete nog oop, RA monitor

Die Paaie-owerheid sê die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund is steeds oop en ‘n span is ontplooi na die gebied om die situasie te monitor. Dit kom na stygende vlakke van die Oranjerivier met sluise van amper vier damme in die Vaal-Oranjegebied in die buurland wat tans amper 3…
7 May 4AM 1 min

Derde begroting: GNU moet moeilike besluite kan neem

Business Leadership South Africa sê indien Suid-Afrika volhoubare openbare besteding wil bereik, sal hy moet groei om staatsinkomste uit te brei. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan die nasionale begroting die 21ste die derde keer in die parlement voorlê. BLSA se uitvoerende hoof, Busiswe Mavuso, het aan Newzroom Afrika…
7 May 4AM 1 min

Kamwi sê malaria-uitbreking is 'n skande

Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr…
7 May 3AM 1 min

SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde

Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is 'n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube…
7 May 3AM 1 min

Fel kritiek teenoor blouligmafia in SA

Action Society sê die vryspraak van agt polisiebeamptes van adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid is ’n ernstige terugslag vir geregtigheid en polisie-aanspreeklikheid. Die beamptes, bekend as die “blouligmafia”, is in Julie 2023 op die N1-snelweg in Johannesburg afgeneem terwyl hulle burgerlikes aangerand het, maar is in ’n interne dissiplinêre verhoor…
7 May 2AM 1 min