Kamwi sê malaria-uitbreking is 'n skande

Loading player...
Namibië het te kampe met ‘n uitbreking van malaria met meer as 56 000 gevalle wat aangeteken is en meer as 5 000 pasiënte wat gehospitaliseer is. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep op Namibiërs gedoen om die gesondheidministerie se riglyne te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Richard Kamwi van die Eliminate Malaria-veldtog en die voormalige gesondheidsminister.
7 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se vervaardigingkoers daal skerp in April

Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 6,3-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die grootste dalings is aangeteken in die voedsel- en dranksektor, motorvoertuie, en staal- en metaalprodukte. Produksie het egter van Maart tot April effens gestyg met 1,9-persent. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê produksie…
10 Jun 11PM 1 min

Trump oorweeg Opstandwet oor Los Angeles

Honderde Amerikaanse seesoldate het Dinsdag in die Los Angeles-omgewing aangekom onder bevele van president Donald Trump, wat ook 4 000 Nasionale Wag-troepe geaktiveer het om betogings in die stad te beëindig. Dit is ondanks besware van die Kaliforniese goewerneur Gavin Newsom dat die ontplooiings polities gemotiveerd is. Die gebruik van…
10 Jun 11PM 1 min

Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglyn

Vervoerminister Veikko Nekundi, het 'n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi's wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in…
10 Jun 11AM 1 min

Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike…
10 Jun 11AM 1 min