Die staat hou vol dat voormalige Namcor-bestuurder Cedric Willemse geld van Erongo Petroleum en Enercon Namibia gekry het sodat hulle hul kredietlimiet by Namcor kan oorskrei. Oberty Inambao, die Teenkorrupsie-kommissie se hoof-ondersoeker, het in Willemse se borgtogaansoek voor landdros Olga Muharukua getuig. Hy sê Erongo Petroleum het 'n krediet-limiet van…
Die monetêre beleidskomitee van die Reserwebank het besluit om die terugkoopkoers op 7-persent en die prima uitleenkoers op 10,5-persent te hou. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die besluit, wat deur vier van die ses komiteelede ondersteun word, weerspieël die verwagting dat inflasie in die komende maande sal…
Geslagsgelykheidspraktisyn Ngamane Karuaihe-Upi sê die bohaai oor mans wat hul vrouens se vanne neem ontbloot dieper kulturele vrese. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hy dat 'n vrou tradisioneel haar nooiensvan verloor wanneer sy trou en simbolies die man se eiendom word, wat die manlike gesag versterk. Sy…
Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg is vandag amptelik deur Cleanergy Solutions Namibia aan die kus bekendgestel. Die projek, 'n vennootskap tussen Namibië se Ohlthaver & List Groep en die Belgiese firma CMB Tech, dui op 'n gewaagde stap in die globale skoon energie-arena. O&L-voorsitter Sven Thieme sê die skaal en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.