Oranjemund-Rosh Pinah roete nog oop, RA monitor

--:--
Die Paaie-owerheid sê die roete tussen Rosh Pinah en Oranjemund is steeds oop en ‘n span is ontplooi na die gebied om die situasie te monitor. Dit kom na stygende vlakke van die Oranjerivier met sluise van amper vier damme in die Vaal-Oranjegebied in die buurland wat tans amper 3 000 kubieke meter water per sekonde vrystel. Kosmos 94.1 Nuus het met die owerheid se woordvoerder, Hileni Fillemon gepraat.
7 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bok-vroue wen weer in Madagaskar

Die Springbok-vroue het Kenia met 19-12 verslaan en hul tweede agtereenvolgende oorwinning by die Rugby Afrika-vrouebeker in Madagaskar ingepalm. Die verdedigende kampioene wat Uganda met 62-7 verpletter het in hul eerste wedstryd, het drie drieë gedruk en twee verdoel. Suid-Afrika se laaste wedstryd van die toernooi is Sondag teen die…
12 Jun 1AM 1 min

Onluste in Ierland duur voort

Ses mense is gearresteer en 32 polisie-beamptes beseer tydens onluste in Ballymena in Noord-Ierland. Die oproer het Maandagaand uitgebreek na twee 14-jarige Roemeense seuns in die hof verskyn het op aanklagte van seksuele aanranding van 'n tienermeisie in die dorp, 45km vanaf Belfast. Die seuns het skuld ontken. Vier eiendomme…
12 Jun 1AM 1 min

Liggaamskenkings aan wetenskap meer ‘aanvaarbaar’

Openbare bewustheid en aanvaarding van liggaamsskenkings aan wetenskap by Unam neem toe, met vier nuwe beloofde skenkings wat tussen Februarie en Mei gemaak is. Die universiteit het onlangs 'n tekort aan kadawers by sy mediese skool aangekondig. Verskerpte mediadekking en openbare besprekings het belangstelling aangewakker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat…
12 Jun 1AM 1 min

Geen tydsberekening vir Stad Whk om watertariewe te hersien nie

Die sentrale gebied-waterbestuurskomitee het einde Mei vergader om waterbronne vir die gebied te bepaal. Na die verslag voorberei is kan Stad Windhoek bepaal of die droogte-watertariewe nog van krag moet wees. Windhoek is steeds in kategorie D vir waterbesparing en water is uiters duur. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met…
12 Jun 12AM 1 min

NamPol vra vir toesig vir kinders tydens skoolvakansie

Die skole sluit môre vir die wintervakansie en die Namibiese polisie vra dat veiligheid prioriteit geniet te midde van landwye reise. NamPol het pad- en kinderveiligheidsriglyne uitgereik om 'n veilige en genotvolle vakansie vir almal te verseker. Motoriste word aangeraai om verantwoordelik te bestuur, by die spoedgrens te hou, nie…
12 Jun 12AM 1 min