SA roei asbes- en modderskole uit, maar benodig nog miljarde

--:--
Die Departement van Basiese Onderwys sê hy het alle skole wat met modder en asbes gebou is, suksesvol uitgeroei. Minister Siviwe Gwarube het tydens 'n inligtingsessie aan die Parlement se Portefeuljekomitee vir Basiese Onderwys gesê dit is 'n belangrike mylpaal in die verbetering van omstandighede waaronder onderrig gegee word. Gwarube waarsku egter oorbevolking bly 'n ernstige probleem en die departement benodig 32 miljard Suid-Afrikaanse rand om meer klaskamers te bou:
7 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop-munisipaliteit maak plan met groeiende ontwikkeling

In reaksie op die toenemende vraag na gedienste grond en ongevraagde ontwikkelingsvoorstelle, het die Swakopmund-munisipaliteit gestruktureerde prosedures vir grondtoewysing geïmplementeer om deursigtigheid, doeltreffendheid en billike toegang te verseker. Die dorpsraad het bepaal dat beplande ontwikkelings grond vir openbare gebruik moet reserveer, en het duidelike kriteria vir private ontwikkelings opgestel. 'n…
24 May 12AM 1 min

SA moordsyfers neem effe af

Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê moordsyfers het in agt van die nege provinsies afgeneem. In totaal 6 467 mense is tussen Januarie en Maart dood - 'n afname van 3,1-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mchunu het tydens die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke in Pretoria…
24 May 12AM 1 min

Copps 94.1-span ruim op na gefnuikte gewapende roof

Die Copps 94.1-span was Vrydagaand nog besig met voorstaandiens in die hoofstad, toe hulle ontbied is en moes hand bysit na 'n gefnuikte gewapende roof in Pionierspark. Francois Lottering was oudergewoonte deel van die aksie en vertel meer:
24 May 12AM 1 min

Bendegeweld knou SA, sê ActionSA

ActionSA rig weer 'n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê…
23 May 11AM 1 min

Sesde Nama Kultuurfees reg om af te skop

Die finale voorbereidings is afgehandel vir die 6de uitgawe van die Nama Kultuurfees, wat van 29 Mei tot vroeg in Junie in Keetmanshoop sal plaasvind. Die fees is 'n jaarlikse viering van die ryk erfenis, tradisies en identiteit van die Nama-gemeenskap. Die voorsitter van die feesorganiseringskomitee, Dirk #Eigub, het met…
23 May 10AM 1 min