Landbouwerkgewersvereniging se jaarkongres op pad!

--:--
Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.
28 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

FNB-ekonoom kyk na kredietverleningsyfers

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Paaiemente en verhuring het maand op maand tot 17,1% gestyg, terwyl ander lenings en voorskotte ook groei gesien het as gevolg van die hoë vraag van die energie- en vervaardigingsektore. Kosmos 94.1 Nuus het met…
9 May 12PM 1 min

Nuwe vennootskap sal 12 000 jong sokkerspelers help

Sokker: Die regering van die Wes-Kaap het ’n nuwe vennootskap van stapel gestuur met Safa Kaapstad, MTN Suid-Afrika, en Golden Arrow Busdienste om skolesokker te ondersteun. LUR Ricardo Mackenzie sê meer as 12 000 jong spelers sal maandeliks baat vind by slimkaarte wat voorafgelaai is om geskeduleerde busse te gebruik…
9 May 12PM 1 min

Lefa hoop alle vervoerdienste kom wet na

Vervoerdienste soos Yango, InDrive en Lefa sal na verwagting groot baat vind by die komende Streek 5 Jeugspele, wat vir 4-13 Julie in die hoofstad geskeduleer is, volgens die voorsitter van die plaaslike organiseringskomitee en president van die plaaslike Olimpiese komitee, dr. Ndeulipula Hamutumwa. Hamutumwa sê plaaslike platforms sal 'n…
9 May 11AM 1 min

Valke ondersoek steeds hoogverraad-klagte teen AfriForum, Solidariteit

Die hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, sê die vier hoogverraad-dossiere waarby AfriForum en Solidariteit betrek word, word steeds ondersoek. Die sake handel oor die beweerde verspreiding van waninligting in Amerika oor Suid-Afrika se Onteieningswet, en bewerings teen president Cyril Ramaphosa en die ANC. AfriForum hou vol dat geen regsgronde…
9 May 11AM 1 min

Stad Windhoek spreek klagtes oor vullisverwydering aan

Inwoners van Havana informele nedersetting het die Stad Windhoek versoek om vullis betyds te verwyder en meer vullishouers of vullisdromme te verskaf. Hulle sê sommige hope vullis word vir meer as 'n maand net so gelos. Die nabygeleë Hakahana het dieselfde klagtes. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya erken dat daar af en…
9 May 11AM 1 min