Stad Windhoek spreek klagtes oor vullisverwydering aan

--:--
Inwoners van Havana informele nedersetting het die Stad Windhoek versoek om vullis betyds te verwyder en meer vullishouers of vullisdromme te verskaf. Hulle sê sommige hope vullis word vir meer as 'n maand net so gelos. Die nabygeleë Hakahana het dieselfde klagtes. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya erken dat daar af en toe vertragings in vullisverwydering is as gevolg van hoë vervoerkoste en misbruik van vullisdromme. Kosmos 94.1 nuus het met Amutenya gesels, wat meer inligting gee.
9 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Forbes sê dalk Namibië is geslagsgelyk, maar...

Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president…
17 Jun 6AM 1 min

Soektog na vermistes duur voort in Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon…
17 Jun 6AM 1 min

Mej. Namibië wen 'n huis, met meubels

Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC…
17 Jun 6AM 1 min

Onderwys: Verminder begroting, gee koopbewyse aan ouers

Die regering het sowat 24,8 miljard Namibiese dollar begroot vir onderwys in die 2025/26 finansiële jaar. Dit is al lank die norm dat die lynministerie een van die grootste begrotings toegewys word. Die portefeulje vir onderwys is ook vanjaar heelwat groter. In Suid-Afrika het professor William Gumede in 'n onderhoud…
17 Jun 6AM 1 min

O&L Leisure verkry Le Mirage, Divava

O&L Leisure het Le Mirage in Sossusvlei en Divava Lodge aan die Kavangorivier verkry, hangende goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie. Die verkryging ondersteun O&L se Visie 2029 en skep 'n naatlose, luukse reiskring wat Namibië se natuurlike skoonheid en kulturele erfenis beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met die groep se…
17 Jun 6AM 1 min