Forbes sê dalk Namibië is geslagsgelyk, maar...

--:--
Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president vroue – Netumbo Nandi-Ndaitwah en Lucia Witbooi. Ten spyte hiervan is daar nog hoë vlakke van onder andere geslagsbaseerde geweld. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Zoe Titus, die direkteur van die Namibië Media Trust.
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stadspolisie gee raad oor taxi's na nog 'n roof

'n Man van Windhoek is van 22 000 Namibiese dollar beroof nadat hy in 'n taxi geklim het. Die woordvoerder van die Windhoek Stadspolisie, superintendent Marcelline Murapo, het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en inwoners aangespoor om waaksaam te wees wanneer hulle taxi's gebruik. Sy waarsku dat gevalle…
6 Nov 7AM 1 min

McIlroy vind langer LIV Gholf-toernooie vreemd

Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, beskryf LIV Gholf se besluit om sy toernooi van volgende jaar na 72 putjies uit te brei as eienaardig. Dit kan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga se poging versterk om erken te word op die amptelike wêreldranglys, wat van die uiterste belang is omdat die vier…
6 Nov 7AM 1 min

Eskom kap teë teen 'waninligting'

Eskom is bekommerd oor voortgesette waninligting oor sy stelselprestasie en dieselverbruik. Hy herhaal dat hy elke Vrydag deursigtige, datagebaseerde inligting oor sy bedrywighede gee. Die kragverskaffer word gedwing om miljarde Suid-Afrikaanse rand se diesel te gebruik omdat sy opwekkingsvloot nie betroubaar genoeg is om voldoende krag op te wek nie…
6 Nov 7AM 1 min

VSA oorweeg 10% minder vlugte by 40 groot lughawens

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie gaan die vlug-vermoë na 40 belangrike lughawens reg oor die land met 10-persent verminder. Dis weens die regerings-afsluiting wat personeeltekorte in lugverkeerbeheer veroorsaak. Die beperking tree môre in werking. Die kansellasies kan daagliks tussen 3 500 en 4 000…
6 Nov 7AM 1 min

Begroting: TLU SA sê dis nie geld nie, dis 'n tekort aan ekonomiese rigting

Aan die vooraand van die mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring op 12 November waarsku TLU SA dat Suid-Afrika se uitdagings, misdaad, gebrekkige infrastruktuur en swak dienslewering voortspruit uit onduidelike beleid, nie 'n gebrek aan fondse nie. Bennie van Zyl van TLU SA sê die organisasie vra vir duidelike ekonomiese rigting, bekwame leierskap en verantwoordbaarheid…
6 Nov 5AM 1 min