McIlroy vind langer LIV Gholf-toernooie vreemd

Loading player...
Gholf: Die vyfmalige major-kampioen, Rory McIlroy, beskryf LIV Gholf se besluit om sy toernooi van volgende jaar na 72 putjies uit te brei as eienaardig. Dit kan die Saoedi-Arabies-gesteunde liga se poging versterk om erken te word op die amptelike wêreldranglys, wat van die uiterste belang is omdat die vier majors dit gebruik om hulle spelerslys te bepaal. McIlroy, wat dié week die 12de keer in 'n toernooi in Abu Dhabi speel, bevraagteken hoeveel ranglyspunte beskikbaar gaan wees in LIV-toernooie:
6 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak nou boskos - kenner

Dele van Namibië is getooi in welige groen, danksy die goeie reënval wat ontvang word. Dit is 'n belangrike tyd vir boere om voor te berei deur die produksie van bosgebaseerde dierevoer te begin. Die gebruik van indringerbos vir dierevoer bied 'n volhoubare oplossing met beduidende voordele, veral in die…
15 Jan 4AM 1 min

GIFP-lenings verwyder kollateraal uitdagings

Reaksie word steeds ontvang van kenners op die Regeringsinstellings Pensioenfonds se Pensioengesteunde Huisleningskema wat Maandag in werking getree het. Die skema gee kwalifiserende staatsamptenare die geleentheid om van hulle pensioengeld as sekuriteit te gebruik vir finansiering van behuisingsverwante behoeftes. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat…
15 Jan 4AM 1 min

Onwettige sandmyne het minister warm onder die kraag

Die omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette toename in onwettige sand- en gruisontginning aktiwiteite in verskeie dele van Namibië. Die bedrywighede gaan voort sonder die nodige klarings. In reaksie op die voortdurende uitdagings sal die ministerie binnekort streeksbelanghebber- betrokkenheid oor sand- en gruismynbouregulasies onderneem. Woordvoerder Vilho Hangula het…
15 Jan 4AM 1 min

Namfisa maan verbruikers oor ongeregistreerde mikroleners

Namfisa waarsku die publiek om slegs geregistreerde mikroleners te gebruik wanneer hulle toegang tot korttermynkrediet en verwante finansiële dienste verkry. Namfisa sê dat die interaksie met ongeregistreerde leners verbruikers blootstel aan onwettige praktyke, buitensporige koste en die verlies van regsbeskerming. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond het meer.
15 Jan 4AM 1 min

BKS: As dit suiwelkudde infiltreer is dit 'n ramp

Bek-en-klouseer bly in die buurland in die nuus en daar is groot kommer oor die tempo wat dit versprei. Die uitvoerende hoof van die prosesseerder van suiwelprodukte in die Noordwes, Transem, Attie du Plessis, het met Pieter Moller gepraat oor sy kommer oor veral suiwelkudde.
15 Jan 4AM 1 min