Soektog na vermistes duur voort in Oos-Kaap

--:--
Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon ten einde ongeïdentifiseerde liggame uit te ken en gesinne by te staan. Sy sê owerhede is veral bekommerd oor gevalle waar hele gesinne dalk in die ramp vermis geraak het:
17 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibia moet bek-en-klou sukses bewaar: NLU-president

Namibië se uitvoerstatus is 'n seldsame Afrika-sukses en dit moet beskerm word. Dit was die boodskap van die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, wat aan boere by die NLU-kongres in Windhoek gesê het dat die land goeie vordering maak om bek-en-klouseer in toom, en uit te hou.
9 Oct 8AM 1 min

Dwelmmuil op Kaapstad-lughawe onderskep

'n Dwelmmuil en koerier is Woensdag by die Kaapstad Internasionale Lughawe in hegtenis geneem. 'n Polisiewoordvoerder, Zinzi Hani, sê die Valke se Narkotika-buro en ander wetstoepassingsagentskappe het op intelligensie gereageer en 'n 35-jarige man onderskep toe hy van Doha, Katar, aangekom het. Sy sê die man het 5,1-kilogram van vermoedelik…
9 Oct 8AM 1 min

Starmer verwelkom eerste fase van Gaza-vredesplan

Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die aanvaarding van die eerste fase van die Gaza-vredesplan deur Hamas en Israel. Dit baan die weg vir die vrylating van die gyselaars en Palestynse gevangenes. Hy het die partye wat betrokke was, bedank.
9 Oct 6AM 1 min

Kaapstad weer bo as toerisme bestemming

Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die…
9 Oct 6AM 1 min

Hassel gesels oor hondolsheid navorsing

Die hoof van Unam se Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal, dr. Rainer Hassel, het in vennootskap met die Namibiese Landbou Unie in 2015 navorsing begin om 'n hondsdolheid-entstof vir koedoes te ontwikkel. Die navorsing is befonds deur boere en instansies. Die Duitse Friedrich Loeffler-instituut ondersteun ook Hassel se navorsing. Tydens die Lewendehawe…
9 Oct 6AM 1 min