Lefa hoop alle vervoerdienste kom wet na

Loading player...
Vervoerdienste soos Yango, InDrive en Lefa sal na verwagting groot baat vind by die komende Streek 5 Jeugspele, wat vir 4-13 Julie in die hoofstad geskeduleer is, volgens die voorsitter van die plaaslike organiseringskomitee en president van die plaaslike Olimpiese komitee, dr. Ndeulipula Hamutumwa. Hamutumwa sê plaaslike platforms sal 'n sleutelrol speel in die veilige vervoer van gaste tussen die lughawe, verblyf en kompetisie-lokale in Windhoek en Swakopmund. Kosmos 94.1 Nuus het met medestigter en uitvoerende hoof van LEFA Namibia, Melkies Ausiku, gesels.
9 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

LPM kies opposisie-eenheid bo tussenverkiesing

Die leier van die Landless People's Movement, Bernadus Swartbooi, het aangekondig dat die party nie aan die komende tussenverkiesings in Junie in vier streke gaan deelneem nie. Swartbooi sê die party gaan eerder fokus op die versterking van eenheid onder opposisiepartye.
21 May 6AM 1 min

Lynministerie reageer op Amupanda se korrupsie-bewerings

Reaksie word ontvang oor AR-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette. Hy sê 'n ondersoekspan het tablette wat deur die Ngoma-grens gekom het onderskep. Volgens 'n verkrygingsbestelling kos een pakkie 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal. 'n Sogenaamde middelman…
21 May 6AM 1 min

Brandstofprys-komitee vergader eers volgende week

Die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika sê dieselpryse kan in Junie met tot 94-sent-per-liter daal, weens dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Skommelinge in oliepryse en wisselkoerse sal die finale aanpassing beïnvloed. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie.
21 May 6AM 1 min

Burgemeester verduidelik Walvisbaai-waterprobleme

Walvisbaai ondervind watertekorte wat die visbedryf ernstig beïnvloed. Verwerkingsaanlegte, soos Princess Brand Processing, meld dat hulle al twee weke lank nie genoeg water van die munisipaliteit ontvang nie, wat hul bedrywighede vertraag en finansiële verliese veroorsaak. Die munisipaliteit sê die probleem sal eers oor 60 dae opgelos wees. Kosmos 94.1…
21 May 5AM 1 min