DA vra onafhanklike hersiening van BEE-raamwerk

Loading player...
Die DA sê hy het suksesvol gesorg vir 'n hersiening van die swart ekonomiese bemagtigingsraamwerk. Verslae wat deur die parlement se portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging aangeneem is, beklemtoon kommer oor kaping deur die elite en die beperkte uitwerking van SEB op werkskepping. Toby Chance van die DA vra ’n onafhanklike hersiening en beklemtoon die behoefte vir ’n nuwe benadering tot ekonomiese hervorming, veral met die komende Transformasiefonds:
26 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vesel-internetverbindinge groei, en RocketNet help

Die Namibiese regering het ‘n beleid oor internetverbinding wat fokus op die bereiking van universele toegang tot inligting- en kommunikasietegnologieë, insluitend breëbandinternet, vir alle burgers. Die plaaslike veselnetwerk is besig om uit te brei met nuwe spelers wat die bedryf betree. In 2019 het RocketNet die industrie betree om Namibiërs…
6 May 12PM 1 min

Parlement vra optrede na George-bouramp

Die parlement se portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings betreur die administratiewe mislukkings by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad wat tot die instorting van 'n gebou in George gelei het. Die voorsitter, Nocks Seabi, het in die Parlement gepraat op die eerste herdenking van die tragedie en eis die vinnige vervolging van die ontwikkelaar…
6 May 12PM 1 min

Namcor, vennote versnel ontwikkeling van Venus-olieveld

Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennote Totalenergies, QatarEnergy en Impact Oil and Gas, sê hoewel die Marula-1x-eksplorasieput droog was, bly hulle gefokus op die kommersiële potensiaal van die Venus-veld. Die Venus-veld is geleë in Blok 2913B in PEL 56, aflandig van die Namibiese suidkus, terwyl Marula-1x ver buite die veld was…
6 May 11AM 1 min

SA regering trek te velde teen mensehandel

Die regering sê mensehandel is 'n ernstige misdaad wat belangrike menseregte skend. Die owerhede het verlede maand 23 jong Suid-Afrikaners van dwangarbeid in Mianmar gered nadat hulle valslik gewerf is vir werk met die belofte van 'n maandelikse salaris van 15 000 Suid-Afrikaanse rand. In Februarie is 26 Ethiopiërs gered…
6 May 11AM 1 min

Soektog na man wat in Swakopmund-see inloop duur voort

Op 3 Mei het 'n soektog na 'n onbekende man begin wat volgens die publiek gesien was waar hy op die strand naby die akwarium in Swakopmund rondgedwaal het. Volgens ooggetuies het hy later die see ingestap. Dit is al dag drie van die soektog en gemeenskaplede het 'n vermoede…
6 May 10AM 1 min