Vesel-internetverbindinge groei, en RocketNet help

--:--
Die Namibiese regering het ‘n beleid oor internetverbinding wat fokus op die bereiking van universele toegang tot inligting- en kommunikasietegnologieë, insluitend breëbandinternet, vir alle burgers. Die plaaslike veselnetwerk is besig om uit te brei met nuwe spelers wat die bedryf betree. In 2019 het RocketNet die industrie betree om Namibiërs te bedien wat geen veselverbinding het nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Xander Erasmus, die stigter van RocketNet gesels.
6 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nudo kritiseer N$1,5 miljard lening van Duitsland

Die regering het 'n 1,5 miljard Namibiese dollar lening van Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank gekry om die land se waterinfrastruktuur op te gradeer. Finansminister Ericah Shafudah het dit in die Nasionale Vergadering aangekondig, en Vetaruhe Kandorozu van Nudo het die stap gekritiseer.
12 Jun 11AM 1 min

Afrika moet eie groenwaterstof bestuur, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors…
12 Jun 11AM 1 min

Sopkombuis vra hulp met komberse, voorraad

Martha Festus bedryf al sewe jaar lank 'n sopkombuis in Havana in Windhoek. Met die winter op hande vra die gemeenskap haar ook vir komberse. Festus versoek hulp van die publiek en sy kan op 081 7435 442 geskakel word vir skenkings. Kosmos 94.1 Nuus het met Festus gepraat wat…
12 Jun 11AM 1 min