Afrika moet eie groenwaterstof bestuur, sê Cyril

--:--
President Cyril Ramaphosa sê Afrika moet sy eie groenwaterstofagenda bestuur om te verseker die vasteland trek voordeel uit globale energieoorskakeling. Hy het tydens die eerste Afrika Groenwaterstofberaad in Kaapstad Afrikalande aangespoor om die leiding te neem met die bepaling van standaarde, die bou van sertifiseringstelsels en die vestiging van waterstofkorridors om beleggings en handel te bevorder. Ramaphosa sê daar is 'n oorvloed geleenthede maar waarsku hoë kapitaalkoste en skeefgetrekte beleggingspatrone is groot hindernisse:
12 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tien nuwe ambassadeurs vir Namibië aangewys

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Donderdag tien ambassadeurs vir 'n vierjaartermyn aangestel en globale onstabiliteit as 'n sleuteluitdaging genoem. Tonata Emvula gaan na China, Monica Nashandi na Rusland, en Wilbard Shihepo na die VSA. Ander poste sluit in Sophia Nangula na Swede, Benjamin Kandanga na Finland, Jerobeam Shaanika na Duitsland, Sabine…
19 Sep 1AM 1 min

Namibië sal sakevriendelik bly, beloof NNN

Die regering sal aanhou om die doen van sake in Namibië voortdurend te vergemaklik, het president Netumbu Nandi-Ndaitwah Donderdag tydens die bekendstelling van Afrika se eerste geïntegreerde groenwaterstof-aanleg aan die kus onderneem. In haar toespraak, wat deur eerste minister Elijah Ngurare gelewer is, het die president Cleanergy Solutions Namibia se…
19 Sep 12AM 1 min

NamPost bly finansieel gesond

NamPost se jongste finansiële resultate toon dié staatsonderneming het inkomste van 1,12 miljard Namibiese dollar in die 2023/24-boekjaar verdien. Inligtingsminister Emma Theofelus het Donderdag gesê die kabinet het die voorlegging van NamPost se jongste jaarverslag in die parlement goedgekeur.
19 Sep 12AM 1 min

Namibië stel 'slimkaart' vir ekostelsel bekend

Namibië het Donderdag sy eerste nasionale ekostelsel-kaart bekend gestel. Dit gaan gebruik word as ‘n riglyn vir die beplanning van grondgebruik, bewaringsprioriteite en klimaat-aksie. Dié kaart is deel van Namibië se verpligtinge as deel van die Kunming-Montreal se Globale Raamwerk vir Biodiversiteit. Omgewingsminister Indileni Daniel het meer tydens die bekendstelling…
18 Sep 11PM 1 min

Solidariteit gaan red sake in Amerika

Die Solidariteit Beweging het 'n uitgebreide gemeenskapsbesoek aan die VSA van stapel gestuur. Die voorsitter, Flip Buys, sê die regering en die ANC het bande met Washington beskadig en kan nie vertrou word om alleen die verhoudings te herstel nie. Die afvaardiging sal federale en staatsrolspelers ontmoet om voorspraak vir…
18 Sep 11PM 1 min