Namcor, vennote versnel ontwikkeling van Venus-olieveld

--:--
Namcor en sy gesamentlike ondernemingsvennote Totalenergies, QatarEnergy en Impact Oil and Gas, sê hoewel die Marula-1x-eksplorasieput droog was, bly hulle gefokus op die kommersiële potensiaal van die Venus-veld. Die Venus-veld is geleë in Blok 2913B in PEL 56, aflandig van die Namibiese suidkus, terwyl Marula-1x ver buite die veld was. Utaara Hoveka, kommunikasiepraktisyn by Namcor, het meer.
6 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister sê oor HPV-inentings

Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het meer inligting gegee oor planne by die ministerie. Die regering poog om toegang tot gesondheidsorg te bevorder deur 'n personeelomset te hê wat voldoende is om alle pasiënte te versorg.
13 Jun 2AM 1 min

Oos-Kaap moet as rampgebied verklaar word - DA

Die DA sê die Oos-Kaapse premier moet 'n provinsiale ramptoestand verklaar nadat minstens 70 mense weens verwoestende oorstromings dood is. Honderde gesinne is haweloos, en daar is omvattende skade aan huise, skole en hospitale. Verder is 500 000 inwoners sonder elektrisiteit. Die DA-lid, Vicky Knoetze, kritiseer die regering se stadige…
13 Jun 2AM 1 min

Bek-en-klouseer sal verbruikers in SA raak

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku die uitbreking van bek-en-klouseer sal verbruikers in die korttermyn raak. Hy het tydens die Rooivleis-abattoirvereniging se 31ste konferensie in Somerset-Wes in Kaapstad aan die media gesê 900 000 dosisse entstof sal beskikbaar gestel word sodra dit vanaf Botswana se Entstof-instituut ontvang is. Die…
13 Jun 1AM 1 min

VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in…
13 Jun 1AM 1 min