VSA staan ondersoekers in Indië-vlugramp by

--:--
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie werk nou saam met die Nasionale Vervoer-veiligheidsraad om Indiese owerhede by te staan met die ondersoek na die Air India-vliegongeluk. Altesaam 241 van die 242 mense aan boord is dood toe dit net na opstyging by ʼn lughawe in Ahmedabad, Indië, neergestort het. Duffy sê die lugvaartadministrasie het reeds met die vliegtuig se vervaardigers, Boeing en General Electric, kontak gemaak om met die ondersoek te help:
13 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement verdaag na chaos uitbreek

Wat veronderstel was om 'n roetine vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering te wees, het vanmiddag in chaos ontaard. Spanning het opgevlam toe die AR-parlementslid Tuhafeni Kalola 'n bevel van Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila om die kamer te verlaat verontagsaam het, wat gelei het tot 'n fisiese konfrontasie tussen veiligheidsbeamptes en mede-AR-leier…
11 Sep 11AM 1 min

Dodetal toe taxi in kleuterskool vasjaag styg na 5

Die dodetal het tot vyf gestyg nadat 'n taxi vanoggend in Imbali, Pietermaritzburg, teen 'n kleuterskool vasgejaag het. Meer as tien kinders is beseer. Die bestuurder van die taxi het leerders van verskeie plaaslike skole vervoer, en het beheer verloor op 'n draai voordat die voertuig teen 'n boom gebots…
11 Sep 11AM 1 min

Elvis laat speke sing, samel N$1,2 miljoen in

Dis 'n rit wat die ekstra myl geloop het en meer. Die Elvis Ry vir Skoolgeld-inisiatief het sy fondsinsamelingsteiken verpletter en meer as 1,2 miljoen Namibiese dollar ingebring, heelwat meer as die oorspronklike doelwit van slegs 1 dollar. Die Suid-Afrikaanse sanger Elvis Blue het vandag sy 1 500 kilometer lange…
11 Sep 10AM 1 min

Kabinet keur fondse goed vir Interpol-presidentskap veldtog

Namibië ding mee om die presidentskap van die Internasionale Kriminele Polisie-organisasie, Interpol, en die kabinet het die toewysing van fondse goedgekeur indien die land daarin slaag om die posisie tydens die verkiesings wat vir November geskeduleer is, te bekom. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda, Adjunk-Inspekteur-Generaal van die Namibiese Polisiemag, sal die land…
11 Sep 10AM 1 min