Parlement vra optrede na George-bouramp

--:--
Die parlement se portefeuljekomitee oor Menslike Nedersettings betreur die administratiewe mislukkings by die Nasionale Huisbouersregistrasieraad wat tot die instorting van 'n gebou in George gelei het. Die voorsitter, Nocks Seabi, het in die Parlement gepraat op die eerste herdenking van die tragedie en eis die vinnige vervolging van die ontwikkelaar wat prosesse omseil het. Hy beklemtoon amptenare moet aanspreeklik gehou word en sê die gesinne van die 34 slagoffers verdien onmiddelik geregtigheid:
6 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lughawensmaatskappy reg vir Avia Dev-beraad

Die Avia Dev-beraad vind hierdie week plaas. Dit sal die derde agtereenvolgende keer wees dat die Lughawensmaatskappy deelneem. Daar word 36 lugdienste, 408 verteenwoordigers van 46 lande en meer as 1 200 vergaderings verwag. Die beraad bied 'n platform vir Namibië om sy samewerking te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het…
10 Jun 8AM 1 min

SABC TV weer in spervuur oor Afrikaanse nuus

AfriForum sê die jongste herskedulering van Afrikaanse nuus op SABC TV is swak beplan en loop die risiko om kykers te verloor. Die organisasie waarsku dat die nuwe tyd om 5.30 nm op weeksdae en 8 nm oor naweke op S3 landelike kykers kan vervreem en toegang tot belangrike nuus…
10 Jun 8AM 1 min

Sankwasa vra oor Noa se uiters lang termyn by ACC

Die Teenkorrupsie-kommissie gaan nie ‘n transaksie van die dorpsraad van Katima Mulilo ondersoek waarin ‘n motor glo vir munisipale grond verruil is nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is tydens ‘n onderhoud met die Agenda van Namibian Sun gevra of die verlenging van Paulus Noa se…
10 Jun 6AM 1 min

SA-rooivleisbedryf stel fase een op BKS-reaksie in

Die Rooivleis-bedryfsdienste sê ná die aktivering van sy gesentraliseerde operasionele sentrum, het hy fase een van sy gekoördineerde reaksie op die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking in die land ingestel. Gevalle van die siekte is in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga aangemeld. Die diens se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê hulle fokus…
10 Jun 6AM 1 min

WhatsApp oor Bank Windhoek se kuberaanval is fopnuus

'n WhatsApp boodskap wat meen dat Bank Windhoek 'n kuberaanval ervaar word gesirkuleer. Dit is fopnuus en lede van die publiek word aangemoedig om nie aan enigiemand besonderhede te verskaf nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jacquilin Pack gepraat, die uitvoerende direkteur van Bank Windhoek wat bevestig dat dit fopnuus…
10 Jun 6AM 1 min