Ondersoek na George-gebou is 65% voltooi

--:--
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die SAPD se ondersoek na die ineenstorting van 'n George-gebou is 65 persent voltooi. Winde het met die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, vergader oor die vordering met die ondersoek. Die ineenstorting van die onvoltooide gebou in Mei verlede jaar het 34 werkers se dood veroorsaak en 28 werkers is beseer. Die Premier waarsku die provinsiale regering kan nie toelaat dat die verhoor in die media gedek word nie, aangesien dit geen berusting sal bring aan oorlewendes, hul gesinne en die familielede van diegene wat gesterf het nie:
14 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sinner stel stigting bekend

Die wêreld se nommer-een-manstennisspeler, Jannik Sinner, het sy nuwe stigting, die Jannik Sinner-stigting, bekendgestel, wat toegewy is aan die bemagtiging van kinders deur middel van onderwys en sport. Die stigting se direksie sluit in die Formule Een-president en uitvoerende hoof, Stefano Domenicali en 'n voormalige finansiële hoof van Apple, Luca…
29 Apr 1AM 1 min

Vergeet van Enoch, hele parlement moet ontbind word

Die Activists and Citizens Forum sê hy verwerp geheel en al die oproepe om die bedanking van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana het verlede week aangekondig die 0,5 persent BTW-verhoging word teruggetrek. Woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê in plaas van Godongwana, doen hulle ’n beroep dat…
29 Apr 1AM 1 min

Wettiging van dagga geëis

Die Cannabis and Hemp Association of Namibia reël ‘n vreedsame betoging vir die komende Saterdag waartydens hulle ‘n petisie aan die Verenigde Nasies gaan oorhandig vir die wettiging van die gebruik van dagga. Die betoging begin om tienuur in Mahatma Ghandi-straat agter die sentrale gevangenis en sal dan deur Onafhanklikheidslaan…
29 Apr 1AM 1 min

Oesskatting en prys van witmielies is op

Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar 'n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na 'n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton…
29 Apr 12AM 1 min