Oesskatting en prys van witmielies is op

--:--
Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar 'n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na 'n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gilbert Mulonda, die bestuurder van akkerbou en tuinbou by die Akkerbouraad, wat verduidelik hoe die bedrag bereken is.
29 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso verwelkom begroting vir jeugfonds

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die 27ste begrotingstem van die jeugministerie verwelkom. Die stem ontvang net minder as 1,3 miljard Namibiese dollar wat ‘n jeugfonds sal skep vir entrepreneuskap. Jessy Abrahams van Nanso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
13 May 12PM 1 min

Referendumparty na VSA, praat oor Kaapse onafhanklikheid

Die leier van die Referendumparty, Phil Craig, sê hulle is tans in Washington in Amerika om bewusmaking te skep oor die kwessies waarmee Suid-Afrikaners te kampe het, en om Kaapse onafhanklikheid as deel van die oplossing te bevorder. Craig sê hulle het vasgestel die ANC is 'n organisasie wat tans…
13 May 12PM 1 min

Landbouministerie opdateer knopvelsiekte-reëls vir Okakarara

Die landbouministerie het 'n opdatering uitgereik oor die knopvelsiekte-uitbreking in die Okakarara veeartsenykundige distrik. Diere kan nou na veilings vervoer word, mits hulle ingeënt is. Die ministerie se woordvoerder, Simon Nghipandulwa, het die besonderhede.
13 May 11AM 1 min

Nampo-fees gereed vir honderde vliegtuie

Die 2025 Nampo Oesdag buite Bothaville het afgeskop en dit gons reeds behoorlik op die eerste dag. Nie net stroom derduidende besoekers en honderde uitstallers na die landboufees nie, maar baie van hulle daag ook op per vliegtuig. Pieter Moller is vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees en het…
13 May 11AM 1 min

Dis weer Red Saturday en jou bloed word gesoek!

Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het ‘n tweede Red Saturday wat die naweek gehou word, op 17 Mei. Windhoek, Oshakati en Walvisbaai kom aan die beurt om meer as 250 eenhede bloed in te samel voor die openbare vakansiedae op 26, 28 en 29 Mei. Bloedskenkings sal plaasvind van nege tot twee…
13 May 10AM 1 min