Nanso verwelkom begroting vir jeugfonds

--:--
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het die 27ste begrotingstem van die jeugministerie verwelkom. Die stem ontvang net minder as 1,3 miljard Namibiese dollar wat ‘n jeugfonds sal skep vir entrepreneuskap. Jessy Abrahams van Nanso het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
13 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veldtog kap McKenzie se opdrag oor buitelandse werkers

Die Veldtog vir Vrye Uitdrukking veroordeel die minister van Sport, Gayton McKenzie, se onlangse opdrag om buitelandse burgers in die Departement van Sport, Kuns en Kultuur te ontslaan. Direkteur Nicole Fritz noem die opmerking ongrondwetlik en skandelik en waarsku dat McKenzie nie die wettige gesag het om sulke optrede af…
24 May 2AM 1 min

Bestuur versigtig, wees bedagsaam op paaie: MVA

Die Motorvoertuigongelukkefonds vra bestuurders om veiligheid voor oë te hou tydens die langnaweek en komende vakansiedae. Padongelukke het toegeneem en daar's gewoonlik meer ongelukke in vakansietye, weens meer verkeer op die paaie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming.
24 May 2AM 1 min

Bendegeweld knou SA, sê ActionSA

ActionSA rig weer 'n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê…
24 May 1AM 1 min

Sorteer jou vullis, Stad Windhoek sal jou betaal

Die Stad Windhoek het 'n nuwe opleidingsveldtog oor vaste afvalbestuur van stapel gestuur om herwinning en skoner gemeenskappe te bevorder. Deur hierdie inisiatief kan inwoners nou gesorteerde afval vir kontant verruil. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya gepraat.
24 May 12AM 1 min