Vergeet van Enoch, hele parlement moet ontbind word

--:--
Die Activists and Citizens Forum sê hy verwerp geheel en al die oproepe om die bedanking van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana het verlede week aangekondig die 0,5 persent BTW-verhoging word teruggetrek. Woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê in plaas van Godongwana, doen hulle ’n beroep dat die hele parlement ontbind word en nuwe verkiesings gehou word:
29 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

AfriForum kap stilswye oor myn-aansoek by Krugerwildtuin

AfriForum sê dit is kommerwekkend dat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, stilbly oor Tenbosch Mining se aansoek om 'n steenkoolmyn naby die Krugerwildtuin te vestig. Die burgerregteorganisasie het in April die departement en SANParke versoek om 'n openbare verklaring uit te reik oor hul standpunt…
8 May 12PM 1 min

Itoje kaptein van Britse en Ierse Leeus vir Australië-toer

Rugby: Maro Itoje sal die eerste Engelse kaptein van die Britse en Ierse Leeus wees sedert Martin Johnson in 2001. Dit is vanmiddag in 'n seremonie in Londen aangekondig, tydens die bekendmaking van die toerspan na Australië. Hoofafrigter Andy Farrell het die Suid-Afrikaners Duhan van der Merwe en Pierre Schoeman…
8 May 12PM 1 min

Aktivis bly oor ingryping oor Khoekhoegowab by Auas Laerskool

Auas Laerskool het 'n perskonferensie gehou om sosiale media-aantygings aan te spreek oor die verwydering van Khoekhoegowab as onderrigmedium. Die geleentheid het by die skool plaasgevind. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb gesels. Hy sê hulle stel nie belang in die heen en weer nie en is…
8 May 11AM 1 min

Afrikaans Amptelik 100-feesviering in Kaapstad geloods

Die Wes-Kaapse LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het Afrikaans Amptelik 100 van stapel gestuur wat ’n jaarlange viering is van Afrikaans, wat 'n eeu gelede ’n amptelike taal geword het. Die seremonie het by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind. Mackenzie sê die viering eer die taal se wortels…
8 May 11AM 1 min

Okabra Brahman- en Simentaler-dag het iets vir almal

Die Okabra Brahman- en Simentaler-dag vind Saterdag op plaas Okamutombe in Grootfontein plaas. Groot landbou maatskappye soos Agra en Voermeester is die borge. Die plaaslike ekonoom Dr. John Steytler gaan praat oor volhoubare boerdery, en daar sal ook praatjies wees oor tegnologie in boerdery. Die kaartjies is amper uitverkoop en…
8 May 11AM 1 min