Okabra Brahman- en Simentaler-dag het iets vir almal

--:--
Die Okabra Brahman- en Simentaler-dag vind Saterdag op plaas Okamutombe in Grootfontein plaas. Groot landbou maatskappye soos Agra en Voermeester is die borge. Die plaaslike ekonoom Dr. John Steytler gaan praat oor volhoubare boerdery, en daar sal ook praatjies wees oor tegnologie in boerdery. Die kaartjies is amper uitverkoop en geen kaartjies sal by die hek beskikbaar wees nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sonja Schneider, een van die organiseerders, wat meer inligting gee.
8 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië se Selma blink uit by Mej. Wêreld

Mej. Wêreld Namibië, Selma Kamanya, het Saterdaand in Hyderabad, Indië geskiedenis gemaak deur onder die top-8 uit 107 deelnemers te eindig. Mej. Thailand, Suchata Chuangsri, is as die nuwe Mej. Wêreld gekroon. Tydens die kompetisie is Kamanya gevra hoekom sy dink sy behoort die kroon te dra. Hier is haar…
1 Jun 1AM 1 min

Rugby: FNB Kudus, FNB Wanderers deur na eindstryd in Premierliga

FNB Kudus en FNB Wanderers het Saterdag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek deurgedring na die eindstryd van die Namibiese Rugbypremierliga. FNB Kudus het FNB Grootfontein met 42-37 geklop, terwyl FNB Wanderers Trustco United met 39-14 verslaan. PJ Walters, die kaptein van FNB Kudus, het só na hul stryd teen…
1 Jun 12AM 1 min

Maldives-leier vereer vir stryd teen tabak

Die president van die Maldives, Mohamed Muizzu, het Saterdag die Wêreldgesondheidsorganisasie se spesiale erkenning vir Wêreld Geen Tabak-dag ontvang vir sy leierskap in tabakbeheer. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Ghebreyesus, het Muizzu se toewyding aan openbare gesondheid geprys. Die Maldive-eilande het onder sy leierskap e-sigarette verbied, die ouderdom vir…
1 Jun 12AM 1 min

Prieska-myn groot inspuiting vir Noord-Kaap

Die minister van minerale en petroleumbronne, Gwede Mantashe, sê Orion Minerals se Prieska koper-en sinkmyn sal ekonomiese ontwikkeling in die Noord-Kaap aansienlik bevorder. Mantashe het tydens 'n besoek aan die terrein 'n gedenkplaat onthul en die myn se vermoë beklemtoon om werk te skep en plaaslike besighede op te hef…
31 May 5AM 1 min

Só het polisie daggaplantasie by Hochfeld ontdek

Dit gons steeds oor die daggaplantasie wat op 'n plaas in die Hochfeld-omgewing ontdek is. Die waarde van die plantasie word op 52 miljoen Namibiese dollar geskat. Twee beskuldigdes, die 42-jarige Armand Schultz en 'n 27-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden, het reeds daaroor in die Okahandja laerhof verskyn en…
31 May 5AM 1 min