Proteas het SA trots gemaak, sê Ramaphosa

--:--
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se krieketspan gelukgewens met die oorwinning van die IKR Wêreldtoetskampioenskap teen Australië gister op Lords in Londen. Die Proteas het op die vierde dag met vyf paaltjies gewen. Die bydraes van kaptein Temba Bavuma en kolwer Aiden Markram het die knoop deurgehaak. Hulle het onderskeidelik 69 en 136 in hul tweede beurt aangeteken. President Ramaphosa sê die afrigter Shukri Conrad, Bavuma en die span het Suid-Afrika trots gemaak. Hulle het die kampioenskap as buiteperd begin, maar hul ontembare gees, wat ons nasie kenmerk, het hulle deurgedra. Bavuma is na die wedstryd gevra om sy emosies op te som:
15 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die…
22 Aug 6AM 1 min

Uitspraak voorbehou in rand manipulasie-saak

Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die Mededingingskommissie se saak teen banke wat beskuldig word dat hulle die rand teen die Amerikaanse dollar gemanipuleer het. Die saak spruit uit bewerings dat 28 plaaslike en internasionale banke saamgespan het om die rand tussen 2007 en 2013 te beïnvloed. Die kommissie…
22 Aug 6AM 1 min

Kragverhoging van 8,6%: 'Dit was 'n fout' sê Stad Windhoek

Dit was ‘n fout, sê Stad Windhoek se woordvoerder Lydia Amutenya aan Kosmos 94.1 Nuus, sonder om enige verduideliking te verskaf oor hoekom ‘n 8,6 persent kragtarief verhogingskedule vandag op sosiale media geplaas is, terugwerkend vanaf 1 Augustus. Kosmos is in besit van die dokument.
22 Aug 6AM 1 min

Klagtes oor binnelandse sake wat middaguur sluit

Die binnelandse sake-ministerie se kantore in Windhoek is onder skoot omdat die publiek die gebou daagliks tussen 1-uur en 2-uur tydens amptenare se middagete moet verlaat. Aansoekers staan dan buite in lang rye, dikwels in die son en hitte. Hulle kla die praktyk veroorsaak onnodige vertragings en vererger reeds lang…
22 Aug 6AM 1 min

Sherbourne sê daar moet 'n plan vir gas kom

Ekonoom Robin Sherbourne het aanbeveel dat die Namibiese regering 'n omvattende gas-meesterplan ontwikkel om die land se opkomende aardgasbronne strategies te bestuur. Die plan sal dien as 'n padkaart vir die maksimalisering van die ekonomiese, sosiale en omgewingsvoordele van aardgasontwikkeling terwyl die gepaardgaande risiko's geminimaliseer word. Sherbourne het gepraat tydens…
22 Aug 6AM 1 min