Karas-streeksraad distansieer hom van Amupanda se aantygings

--:--
Streekraadslede en Josef Isaack, die voorsitter van die Karas-streeksraad, het hulle gedistansieer van bewerings deur die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda dat 3 miljoen Namibiese dollar verduister is met die bou van die streeksraad se kantoor op Keetmanshoop. Amupanda het die bewering in die parlement gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Isaack gepraat:
14 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Masemola bevestig oorskot is drie konstabels

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied…
30 Apr 2AM 1 min

Trump sê hy begin nou eers

Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is 'n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met 'n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as…
30 Apr 2AM 1 min

Geregshof hoor van Israel se oortredings

Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde…
30 Apr 1AM 1 min

Appollis het nie gebieg in Joslin-saak nie

Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy…
30 Apr 1AM 1 min