Adjunkpresident Lucia Witbooi het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om te verenig deur kulturele diversiteit te koester. Witbooi het gister die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop geopen en gesê neigings, uitlatings en praktyke wat verdeel, moet verwerp word. Platforms soos die Nama-fees moet gebruik word om die land se…
Wêreld Geen-Tabak Dag word vandag gevier. Die Kankervereniging van Namibië steun die Wêreld Gesondheidsorganisasie se veldtog om die misleidende taktieke van die tabak- en nikotienbedryf te ontbloot, veral dié wat op jongmense gemik is. Hulle doen 'n beroep op die regering om geurmiddels te verbied, belasting te verhoog, en e-sigarette…
Mej. Wêreld Namibië 2025, Selma Kamanya, het haar top-20 plek in die Mej. Wêreld-kompetisie, wat vandag in Hyderabad in Indië plaasvind, verseker. Die finaal begin om 3-uur Namibiese tyd op die Miss World-webwerf by www.watchmissworld.com. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Marco Coetzee, die nasionale direkteur van die Miss NGO-skouspel…
Embrose Papier is gekies as skrumskakel vir die Bulle in hulle Verenigde Rugbykampioenskap-kwarteindstryd teen Edinburgh vandag op Loftus in Pretoria. Keagan Johannes begin as sy skakelmaat met Willie le Roux as heelagter. Kaptein Ruan Nortjé is weer in die nommer sewe-trui. Canan Moodie sal op die regtervleuel wees. Direkteur van…
Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.