Masemola bevestig oorskot is drie konstabels

--:--
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied in Limpopo gereis het. Masemola sê die vierde liggaam is dié van 'n administrateur by die Lyttleton-polisiestasie. Die vyfde liggaam is ontbind, en die identiteit kon nog nie bevestig word nie:
30 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

MK verwerp hofbeslissing oor dubbele burgerskap

Die MK-party sê hy verwerp onomwonde die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dubbele burgerskap verseker. Dié beslissing bevestig die Appèlhof se uitspraak wat 'n bepaling van die wet op Burgerskap as onwettig verklaar. Die Konstitusionele Hof het wetgewing as ongrondwetlik verklaar wat Suid-Afrikaners van hulle burgerskap ontneem as hulle die…
8 May 6AM 1 min

Rusland vra te veel - JD Vance

Die Amerikaanse visepresident JD Vance het ‘n geleentheid wat deur die München Sekuriteitskonferensie gereël is bygewoon. Hy het oor die oorlog in Europa gepraat en gesê dat die VSA die toegewings wat Rusland probeer het om die oorlog met Oekraïne te beëindig as 'te veel' beskou. Hy sê die Oekraïne…
8 May 6AM 1 min

Groot hupstoot vir Windhoek-verklaring

Die Namibië Media Trust se Media-stigting het die inskrywing van die 1991 Windhoek-verklaring oor die Bevordering van 'n Onafhanklike en Pluralistiese Afrika-pers in Unesco se Memory of the World-register geloof. Gwen Lister, wat die voorsitter van die oorspronklike konferensie wat die verklaring tot stand gebring het in Brussel besin oor…
8 May 6AM 1 min

Maersk se nakomingsreëls bemoeilik houtskool-uitvoere

Nuwe maatreëls van die verskepingsmaatskappy Maersk maak dit baie moeilik om tans enige houtskool deur dié maatskappy uit te voer. Fabriek-oudits, bykomende verwerking van die produk, vakuumverseëling met termo-komberse en 'n reeks verpligte sertifikate word nou vereis. Maersk is verantwoordelik vir die verskeping van meer as die helfte van die…
8 May 6AM 1 min