Mark manipulasie: Trump het belangriker goed om aan te dink

--:--
Die sogenaamde Wolf of Wall Street, Jordan Belfort, het met SkyNews gepraat oor aantygings dat president Donald Trump die mark gemanipuleer het met sy aankondiging dat dit ‘n goeie tyd is om te koop terwyl die markte getuimel het oor sy tariewe en vier ure daarna die 90-dag opheffing daarvan aangekondig het. Belfort, wat self skuldig bevind is aan misdade wat verband hou met mark manipulasie sê Trump het belangriker goed om aan te dink.
11 Apr 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nampo het begin, skaapboere, hoor hier

Die 2025 Nampo Oesdag het vandag ongeveer 10 kilometer noord van Bothaville begin. Die landboufees duur tot 16 Mei en lok jaarliks tussen 80 000 en 100 000 besoekers met meer as 865 uitstallers, ook internasionaal. Die bekende Pieter Moller is vir Kosmos 94.1 Nuus by die fees en het…
13 May 6AM 1 min

Kenner sê oor VSA-China ooreenkoms rakende tariewe

Amerika en China het 'n ooreenkoms bereik om hul skadelike wederkerige handelstariewe drasties te sny vir 'n tydperk van 90 dae. Die VSA se tariewe word tot 30-persent verlaag en Chinese tariewe tot 10-persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gesels wat sy mening gee.
13 May 6AM 1 min

Gee insette oor wette en aanpassings van bestaandes

Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Nou het die justisieministerie die publiek gevra om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Kosmos 94.1…
13 May 6AM 1 min

NamPower kry net 3,8%, GRN moet ook help

Die Elektrisiteitsbeheerraad het ‘n verhoging van 3,8 persent in tariewe aan NamPower toegestaan. Die nutsmaatskappy het 17,44 persent gevra. Die uitvoerende hoof van die raad, Robert Kahimise…
13 May 6AM 1 min