Bibi sê hulle werk hard om gyselaars te bevry

--:--
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy werk saam met Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, aan ʼn ooreenkoms om nog gyselaars vry te laat wat in Gaza deur Hamas gevange gehou word. Netanyahu het gister met president Donald Trump by die Withuis vergader. Van die 251 gyselaars wat Hamas tydens die 7 Oktober-aanval ontvoer het, is 58 steeds in aanhouding in Gaza, insluitend 34 wat volgens die Israelse weermag dood is. Netanyahu sê die gyselaars leef in angs en hulle wil almal bevry:
8 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Miljoene vir nuwe spesiale skool op Kamanjab

Die sooispitseremonie vir ‘n skool wat voorsiening maak vir kinders met ‘n verskeidenheid van gestremdhede, het Saterdag op Kamanjab plaasgevind. Konstruksie aan dié skool van 34 miljoen Namibiese dollar, sal vanjaar begin. Dit sal 500 kinders kan huisves en sal klaskamers en ‘n koshuis insluit. Onderwysminister Sanet Steenkamp het tydens…
27 Apr 4AM 1 min

Tanzanië hef invoerverbod op SA-produkte op

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het Tanzanië se besluit om sy invoerverbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte op te hef, met ope arms verwelkom. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê dié besluit volg op konstruktiewe diplomatieke betrokkenheid tussen die minister en sy eweknie en hy het…
27 Apr 3AM 1 min

'Opveil van viskwotas kortwiek Namibiërs'

Die Konfederasie vir Namibiese Visverenigings het ‘n beroep op die regering gedoen om nie langer viskwotas op te veil nie. Matti Amukwa, voorsitter van die vereniging, het Vrydag tydens die jaarlikse byeenkoms van dié bedryf in Walvisbaai gesê die opveil van kwotas belemmer Namibiërs se deelname in die bedryf. Die…
27 Apr 2AM 1 min

Vryheidsfront Plus eis ingryping by Tshwane se water

Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis dringende ingryping by wat hy beskou as die toenemende krisis wat volhoubare watervoorsiening in die metro bedreig. Anne-Marie Sparg van die VF Plus sê die metro moet Rand Water betaal vir elke druppel water wat hy gebruik, en die gelisensieerde waterkwota word gereeld oorskry…
27 Apr 1AM 1 min

Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeester

Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo…
27 Apr 12AM 1 min