Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeester

--:--
Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo het Saterdag tydens ‘n nuuskonferensie ook vir die groter teenwoordigheid van die polisie gevra. Intussen het die polisie Saterdag ook die naakte liggaam van ‘n vrou in haar vroeë dertigs in Vyfrandkamp gevind.
27 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maatskaplike welsyn-minister sit dienste uiteen

Die maatskaplike welsyn-ministerie het gedurende die 2024/2025-boekjaar skuiling, beskerming en psigososiale ondersteuning aan 254 oorlewendes van geslagsgeweld, geweld teen kinders en mensehandel verskaf. Lynminister Emma Kantema-Gaomas het in die Parlement bevestig dat dit oor agt streeksentrums in die Khomas, Hardap, Karas, Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos, Zambezi en Kunene-streke gerealiseer is. Sy…
12 May 12PM 1 min

Afrika Reis-indaba 2025 skop af in Durban

Die Afrika Reis-indaba 2025 het by die Inkosi Albert Luthuli-konferensiesentrum in Durban afgeskop. Die vier-daagse geleentheid bied meer as 1 300 uitstallers van 27 Afrikalande en meer as 1 200 internasionale kopers. Die indaba val saam met die tweede G-20 Toerisme-werkgroepvergadering. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, beklemtoon die…
12 May 12PM 1 min

Unam ondersoek beweerde eksamen-korrupsie

Die Universiteit van Namibië het ‘n ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupsie met ‘n eksamen by die instelling en het ook dissiplinêre stappe geneem teen ‘n personeellid wat na bewering daarby betrokke was. Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het opnuut op X ten velde getrek teen beweerde…
12 May 11AM 1 min

ANC-studiegroep kap na MK-party

Die ANC-studiegroep vir die staande komitee oor die Ouditeur-Generaal sê die MK-party se versoek vir ʼn ondersoek na uitgawes wat verband hou met die uitgestelde 2025 nasionale begroting is beuselagtig. Die party beskuldig die regering dat hy miljoene rand wanbestee op voorbereiding vir die nasionale begroting wat twee keer uitgestel…
12 May 11AM 1 min

Dis tyd vir top-10 van Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië!

Die Miss Namibia-organisasie gaan die top-10 deelnemers in onderskeidelik die Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië kompetisies by twee glansgeleenthede aankondig. Die geleenthede sal volgende naweek by Droombos plaasvind en regstreeks deur die NBC uitgesaai word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Beaulah Boois-Beukes, die NBC se korporatiewe kommunikasiebestuurder, wat…
12 May 11AM 1 min