Unam ondersoek beweerde eksamen-korrupsie

Loading player...
Die Universiteit van Namibië het ‘n ondersoek van stapel gestuur na beweerde korrupsie met ‘n eksamen by die instelling en het ook dissiplinêre stappe geneem teen ‘n personeellid wat na bewering daarby betrokke was. Die leier van Affirmative Repositioning, Job Amupanda, het opnuut op X ten velde getrek teen beweerde korrupsie by die universiteit. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van Unam se woordvoerder, Simon Namesho, oor die beweringe gekry:
12 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stadspolisie ontvang 250 CCTV-kameras

Lede van die Windhoek-gemeenskap het onlangs 250 geslotekring-kameras aan die Windhoek Stadspolisie geskenk. Die hoofstad se metropolisie gebruik toenemend kameras om misdaad te bekamp. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met sersant Kavetoka Humavindu gepraat. Sy meen dit toon samewerking deur inwoners om misdaad hok te slaan.
2 Jun 6AM 1 min

Inisiasieskole moet geregistreer wees voor seisoen begin

Die O.R. Tambo Inisiasieforum in die Oos-Kaap doen 'n beroep op alle inisiasieskole om te verseker dat hulle behoorlik geregistreer is voor die winter-inisiasieseisoen wat middel Junie begin. Die voorsitter, Nkosi Lutuka, het aan SABC Nuus gesê bewusmakingsveldtogte en monitering word opgeskerp. Dit volg ná 29 sterftes wat deur die…
2 Jun 6AM 1 min

Insette oor hervorming van wetgewing... DBV gee siening

Die ministerie van justisie het, in opdrag van president Netumbo Nandi-Ndaitwah, vir die publiek se insette oor die hervorming van wetgewing gevra. Die sperdatum vir terugvoer is 13 Junie. Kosmos 94.1 het Silke van der Merwe, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, gevra watter wette ideaal vir troeteldiere sal…
2 Jun 6AM 1 min

Meer oor die N$1,2m beloning vir renosterstropers

‘n Beloning van 1,2 miljoen Namibiese dollar is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van verdagtes wat vier renosters op 'n plaas in die Malathöhe-distrik gestroop het. Daar word vermoed dat dit die werk was van 'n sindikaat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jaco Muller van…
2 Jun 6AM 1 min