
Vryheidsfront Plus eis ingryping by Tshwane se water
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis dringende ingryping by wat hy beskou as die toenemende krisis wat volhoubare watervoorsiening in die metro bedreig. Anne-Marie Sparg van die VF Plus sê die metro moet Rand Water betaal vir elke druppel water wat hy gebruik, en die gelisensieerde waterkwota word gereeld oorskry. Sy sê ernstige redes tot kommer is grootskaalse onwettige verbindings, lekplekke en waterdiefstal wat byna ʼn derde van Tshwane se waterverbruik uitmaak: