Laer SA brandstofprys net die ding vir boere: ekonoom

--:--
'n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op 'n daling in internasionale oliepryse as gevolg van ooraanbod en handelspanning. Makube sê dit sal boere se winsgewendheid verhoog omdat brandstof byna 13-persent van die insetkoste in graanproduksie uitmaak:
7 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oos-Kaap sterftesyfer nou 79, Cyril sê vloede is klimaatsverandering

President Cyril Ramaphosa sê die dodelike vloede in die Oos-Kaap is 'n duidelike teken van die groeiende uitwerking wat klimaatsverandering. Die sterftesyfer in die provinsie het gestyg tot 79. Ramaphosa het tydens 'n besoek aan Mthatha gesê vloede is ongewoon in die winter en is 'n teken van hoe klimaatsverandering…
13 Jun 11AM 1 min

Aktiviste stil oor transgender-moordsaak, 'moeg baklei'

Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van…
13 Jun 10AM 1 min