Aktiviste stil oor transgender-moordsaak, 'moeg baklei'

Network error while loading playlist url
Die moordsaak van die transgender Christoff “Sexy Chamy” Fredericks is in die Katutura-landdroshof tot 20 Junie uitgestel vir pleitverrigtinge. Die 30-jarige Fredericks se liggam is in Mei verlede jaar met 32 steekwonde en met privaatdele verwyder gevind in Otjomuise se 7de Laan. Aktiviste was aanvanklik aktief in die veroordeling van die moord, maar het stil geword. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die sosiale aktivis Ethne Mudge.
13 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stryd teen prysmonster vorder, sê Reserwebank

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê sentrale banke vorder met die verlaging van wêreldwye inflasie. Kganyago het na sy terugkeer van die Jackson Hole Ekonomiese Simposium in die VSA, aan SABC News gesê gevare bestaan egter steeds, insluitend handelstariewe wat pryse kan verhoog. Hy is bekommerd oor…
26 Aug 3AM 1 min

Skoolhoof, onderwyser in SA aangeval

Die Suid-Afrikaanse regering het alle vorms van geweld by skole veroordeel en sê dit ondermyn onderrig, veiligheid en kinders se toekoms. ʼn Gautengse skoolhoof is verlede week met ʼn mes gesteek toe sy probeer het om ʼn geveg tussen leerders van West Ridge High en Hoërskool Roodepoort te stop. In…
26 Aug 2AM 1 min

Reën tot Vrydag voorspel

‘n Sterk bolugtrog is besig om oor Namibië in te beweeg en enkele reënbuie word vandag reeds in die Mariental-omgewing en die suidelike kusgebiede verwag. Vanaf môre gaan die stelsel versterk en goeie buie word tot Vrydag vir sekere dele van die land voorspel. Plaaslike weerkenner George van der Merwe…
26 Aug 1AM 1 min

Trump glo Putin wil oorlog in Oekraïne stop

President Donald Trump van Amerika sê hy het met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, gepraat sedert verlede week se ontmoeting by die Withuis met president Volodymyr Zelensky van Oekraïne en ander Europese leiers. Rusland het verlede week 574 hommeltuie en 40 missiele op Oekraïne afgevuur in een van die ergste…
25 Aug 11PM 1 min

Eerste 5G-dienste 'n spel-veranderaar vir Namibië

MTC se onlangse bekendstelling van 5G-dienste in Namibië word beskryf as 'n beduidende stap vorentoe in Namibië se digitale transformasiereis. MTC beoog om sy 5G-vermoëns uit te brei om meeslepende ervarings, gevorderde speletjies, slim pakhuise, telemedisyne en slim besproeiingsoplossings te lewer. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
25 Aug 11AM 1 min