Junior Bokke se afrigter glad nie tevrede nie

--:--
Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd 'n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote sê hulle dissipline en spel by die afbreekpunte was 'n groot probleem en hulle sal dit moet regstel voor Sondag se kragmeting met Nieu Seeland:
7 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Boksbeheerraad, Faith Foundation haaks oor geveg

Drama broei in die plaaslike bokswêreld, met die Namibië Boksbeheerraad wat 'n geleentheid wat deur die Faith Foundation vir 14 Junie geskeduleer is, nie goedgekeur het nie. Die geveg sou die gewilde Harry Simon en Ninja teen mekaar in aksie sien. Volgens die beheerraad is daar nie 'n aansoek vir…
11 Jun 11AM 1 min

Okahandja-munisipaliteit weer in die spervuur

Die maatskaplike aktivis Sydney Gariseb het weereens klagtes oor die Okahandja munisipaliteit. Die gemeenskap gaan die naweek bymekaarkom om die kwessies te probeer aanspreek. Hierdie keer gaan dit oor die waardasie van huise en erwe in sekere woonbuurte. Gariseb verduidelik wat die probleem is.
11 Jun 11AM 1 min

Namibië, Rosatom bespreek glo kernkragsentrale

Business Insider Africa berig besprekings is aan die gang tussen Namibië en Rusland se Rosatom vir die oprigting van 'n kernkragsentrale. Ryan Collyer, die uitvoerende hoof van Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika, is aangehaal dat hy sê hulle sien Namibië as 'n belowende vennoot in die kernkrag-veld. Uranium One in…
11 Jun 11AM 1 min

Kamanjab kameelmelk, enigiemand?

Hier is 'n interessante boerdery-opsie in 'n warm, droë klimaat – hoe lyk dit met Kamanjab kameelmelk? Dit is presies waarmee Hans Knoesen van die plaas Koppieskraal duskant Askham in die Kalahari boer. Knoesen het Camel Milk South Africa in Maart 2015 gevestig. Dit was droogte en hy het opsies…
11 Jun 10AM 1 min

TechHuddle-konferensie hoor van Innovasiesentrum

Die TechHuddle-konferensie is aan die gang in die hoofstad. Die program sluit in 'n volle dag van insigte en denkleierskap deur ervare bedryfskundiges wat hul kennis, ervaring en strategieë vir die toekoms sal deel. Tydens sy hoofrede het die uitvoerende direkteur van die inligtingsministerie, Audrin Mathe, die belangrikheid van die…
11 Jun 9AM 1 min