Kabinet maak planne vir sprinkaan-uitbraak

--:--
Die eerste besluitnemende kabinetsvergadering van die agtste administrasie is afgehandel. Die kabinet het kennis geneem van 'n moontlike sprinkaanplaag-uitbraak in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, na die goeie reënval. Die kabinet het die landbouministerie gerig om bewustheid van moontlike uitbrake van sprinkane en ander peste onder gemeenskappe te bevorder, asook hoe om dit te beveg. Die verdedigingministerie moet lug- en ander bystand verskaf om 'n sprinkaanplaag te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër gepraat met dr. Gerhard Verdoorn,‘n Suid-Afrikaanse kenner op die gebied.
3 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeester

Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo…
27 Apr 12AM 1 min

DRK, Rwana werk aan skietstilstand

Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda…
26 Apr 6AM 1 min

ANC hou vol RNE staan sterk

Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die…
26 Apr 5AM 1 min

Namcor opgewonde oor Oranjekom

Namcor het meer besonderhede bekend gemaak oor Rhino Resources wat koolwaterstowwe getref het in sy jongste eksplorasie-veldtog aflandig van Namibië se kus. Die vonds is gemaak in die Capricornus-1x-eksplorasieput in PEL 85, waar boorwerk twee maande gelede begin het. Utaara Hoveka, kommunikasiebeampte by Namcor, het meer oor die ontdekking:
26 Apr 4AM 1 min

Water vir die vale in die Vaal

Die departement van water en sanitasie sê tien sluise van die Vaaldam is tans oop. Aanhoudende, bogemiddelde reënval in die reeds versadigde opvangsgebiede veroorsaak ʼn groot invloei van water. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê die Vaal- en Bloemhofdam is tans onderskeidelik 119,68- en 111,87 persent vol. Sy sê…
26 Apr 3AM 1 min