DRK, Rwana werk aan skietstilstand

Network error while loading playlist url
Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda se ministers van Buitelandse Sake, in die teenwoordigheid van hul Amerikaanse ampsgenoot, Marco Rubio. Hy sê die Verklaring van Beginsels baan die weg vir vrede, bestendigheid en vooruitgang in die streek:
26 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak so om ekonomiese druk, skuld te hanteer

Privaatsektor kredietverlening het gestyg tot 5 persent in Maart, op van 3,9 persent in Februarie. Ontleders meen die styging is aangedryf deur groei in korporatiewe lenings terwyl huishoudelike skuld ook effe gestyg het en sê dit wil voorkom asof aptyt vir krediet stadig herstel. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney…
7 May 12PM 1 min

Laer SA brandstofprys net die ding vir boere: ekonoom

'n Senior landbou-ekonoom van FNB, Paul Makube, sê die jongste brandstofprysverlaging het op die regte tyd gekom te midde van verhoogde landbou-bedrywighede. Die petrolprys het om middernag met 22-sent-per-liter gedaal, terwyl die twee grade diesel nou onderskeidelik 42- en 41-sent per liter goedkoper is. Dit volg op 'n daling in…
7 May 12PM 1 min

Biomassa-aanleg gaan kraglewering hupstoot gee, hoor NV

Adjunk eerste minister en myne en energie-minister, Natangwe Ithete, het in sy begrotingsverklaring in die parlement 'n opsomming van die ministerie se werksaamhede gegee. Hy het die rol van hernubare energie uitgesonder en verwys na die biomassa-aanleg by Tsumeb, en hoe dit die elektrisiteitsnetwerk sal ondersteun.
7 May 11AM 1 min

Junior Bokke se afrigter glad nie tevrede nie

Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Kevin Foote, is teleurgesteld met sy span se vertoning in die tweede helfte van hulle wedstryd teen Australië in die tweede ronde van die Onder-20-Rugbykampioenskap in Gqeberha. Australië het na rustyd 'n agterstand van 17 punte omgekeer om Suid-Afrika 29-24 te klop. Foote…
7 May 11AM 1 min

Daar's genoeg slangbyt-teengif, maar lig loop vir skerpioene

Namibië het sowat 300 ampules slangbyt-teenmiddel in voorraad, te midde van 'n breër tekort aan teenmiddels regoor Afrika. Anders as in lande soos Kenia, bly die plaaslike voorraad stabiel danksy 'n vennootskap vanaf 2021 met Indië se Premium Serums. Die land het egter nog nie 'n voorraad van effektiewe teenmiddels…
7 May 11AM 1 min