ANC hou vol RNE staan sterk

--:--
Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het in ʼn onderhoud met die SABC ontken dat druk van groot sakeondernemings die rede is waarom die RNE nog bestaan:
26 Apr 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar is wel voorrade by Rundu-hospitaal, sê ministerie

Die gesondheidsministerie het skerp gereageer op berigte dat daar 'n algehele voorraaduitputting by Rundu-hospitaal is. Veral malaria-toetse het onder die loep in die berigte gekom. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het bevestig dat die hospitaal voldoende malariatoetsstelle en ander voorraad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie…
7 May 9AM 1 min

Onderwysminister moet begroting verduidelik: BOSA

Build One South Africa doen 'n beroep op die Parlementêre Komitee oor Basiese Onderwys om aan te dring dat minister Siviwe Gwarube 'n omvattende uiteensetting van die nasionale onderwysbegroting van 330-miljard Suid-Afrikaanse rand moet verskaf. BOSA wil weet hoeveel aan onderwysers, administrateurs en onderwysbeamptes regoor die land betaal word. Woordvoerder…
7 May 9AM 1 min

Inge Zaamwani aangestel as nuwe landbouminister

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani aangekondig as die nuwe Minister van Landbou, Visserye, Water en Grondbestuur. Zaamwani volg Mac Albert Hengari op, wat verlede week uit die pos getree het. Voordat sy by die Nasionale Vergadering aangesluit het, was Zaamwani 'n adviseur vir grondwetlike aangeleenthede in die Presidensie. Sy…
7 May 9AM 1 min

ActionSA loods inisiatief vir ekonomiese transformasie

ActionSA sê hy stuur vandag sy waagmoedige inisiatief van stapel om Suid-Afrika se ekonomiese transformasie-agenda te herskik tot werklike en blywende regstelling. Die partyleier Herman Mashaba lei die bekendstelling by die Apartheidsmuseum in Ormonde, suid van Johannesburg. Die party se woordvoerder, Matthew George, sê na 31 jaar van demokrasie, is…
7 May 9AM 1 min

Schreiber verwelkom hof-uitspraak oor burgerskap

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die Konstitusionele Hof se beslissing oor die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap van 1995, betreffende die verlies aan burgerskap. Die hof het verklaar dat 'n gedeelte van die wet wat bepaal dat Suid-Afrikaners hulle burgerskap verloor as hulle vrywilliglik die nasionaliteit van 'n…
7 May 6AM 1 min