
Daar is wel voorrade by Rundu-hospitaal, sê ministerie
--:--
Die gesondheidsministerie het skerp gereageer op berigte dat daar 'n algehele voorraaduitputting by Rundu-hospitaal is. Veral malaria-toetse het onder die loep in die berigte gekom. Uitvoerende direkteur Penda Ithindi het bevestig dat die hospitaal voldoende malariatoetsstelle en ander voorraad het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie Walters Kamaya, gepraat.