Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
240 – 260

Die vuurpyl

Die woord vuurpyl sal verskillende mense aan verskillende dinge laat dink. Jou ma sal waarskynlik dink aan die pragtige plante met hul helder vlamrooi en geel blomme. Jy sal weer heel moontlik dink aan Nuwejaar met sy vuurwerke wat die naglug in ’n skouspel van helder kleure en patrone kan…
12 Jan 2024 10 min

Die Suid-Afrikaanse vlag

ʼn Nasionale vlag is ʼn vlag wat eie aan ʼn spesifieke land is, net soos jou skoolklere of skool se wapen spesiaal vir jou skool gemaak is, word ʼn land se vlag spesiaal vir hom gemaak. Sommige lande se vlae kan ooreenkomste toon (soos dieselfde kleure), maar elke vlag het…
12 Jan 2024 7 min

Die son

Mens is so gewoond aan dag en nag, dat dit soms voel asof daar maar net een groot skakelaar in die hemelruim is wat outomaties aan- en afgeskakel sodat ons lig en donker het. Maar mens vergeet soms dat die son – net soos die maan – ’n hemelligaam is…
12 Jan 2024 28 min

Die rekenaar

As jy aan rekenaars dink, dink jy waarskynlik aan julle rekenaar by die huis of skool, jou pa se skootrekenaar of selfs jou iPad of tabletrekenaar. ‘n Mens kan bykans enigiets met ‘n rekenaar doen.
12 Jan 2024 13 min

Ontdekkers

Daar was ʼn tyd toe mense in Europa nie eers bewus was van die Amerikas, Australië of selfs die suidpunt van Afrika nie – totdat ʼn klomp dapper seevaarders die twee oseane waarvan hulle tóé geweet het, begin verken het. Danksy dié ontdekkingsreisigers is die see vandag steeds ʼn weg…
12 Jan 2024 18 min

Die motorkar

Dit is heerlik om ver te gaan stap, te draf of fiets te ry, maar dit is darem baie gerieflik (en lekker warm in die winter of as dit reën) om in ‘n motor te kan ry.
12 Jan 2024 7 min

Die Kasteel

Die Kasteel is die oudste en mees geskiedkundige gebou in Suid-Afrika. Dit word beskou as een van die bes behoue geboue van die VOC (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederland).
12 Jan 2024 14 min

Die Groot Depressie

Die Groot Depressie was, in ’n neutedop, die ernstige ekonomiese probleme wat gevolg het op die ineenstorting in 1929 van die Wall Street-aandelebeurs in die Verenigde State van Amerika (VSA). In die vroeë 1930’s het talle banke en ondernemings ten gronde gegaan en miljoene mense in die VSA en Europa…
12 Jan 2024 16 min

Gariepdam

Die Gariepdam is die grootste opgaardam in Suid-Afrika en is naby die dorp Norvalspont – wat aan die Vrystaat– en Oos-Kaap-provinsies grens – geleë. Die primêre doel van die dam is vir besproeiing, huishoudelike en industriële gebruik, asook vir kragopwekking.
12 Jan 2024 6 min

Die Bybel

Die Bybel is die fondament of grondslag van die Christelike geloof en dit is die boek waarvan die meeste eksemplare nóg in die geskiedenis gedruk is. Hoewel dit moeilik is om te bepaal presies hoeveel Bybels al gedruk is, word die syfer op tussen vyf en sewe miljard geraam!
12 Jan 2024 32 min

Die Anglo-Boereoorlog

Die Anglo-Boereoorlog was ’n militêre stryd tussen die Boererepublieke (Transvaal en die Oranje-Vrystaat) aan die een kant en Groot Brittanje aan die ander kant, tussen 1899 en 1902. Brittanje wou Suid-Afrika oorheers, veral as gevolg van die ontdekking van goud. Daardie drang het in konflik gekom met die Boererepublieke se…
12 Jan 2024 38 min

Desmond Tutu

Vredemaker, vegter teen onregverdigheid. Pres. Cyril Ramaphosa beskryf hom as “die gewete van Suid-Afrika”.
12 Jan 2024 23 min

Christenskap

Christene is mense wat glo in die boodskap en leringe van Jesus Christus. Hulle is aanhangers van die Christelike godsdiens en behoort dus tot die Christelike geloof. As iemand aan die Christelike geloof behoort, word gesê dat hy of sy deel is van die Christendom en ook as Christen sy/haar…
12 Jan 2024 12 min

Britse lynskepe

Skepe is baie eeue gelede reeds gebruik om mense en goedere op water te vervoer.
12 Jan 2024 22 min

Brandstowwe

Alle masjiene in ons moderne tyd benodig energie om te kan werk. Ongeveer 90% van dié energie word verkry deur die verbranding van fossielbrandstowwe.
12 Jan 2024 9 min

Besoedeling

Om iets te besoedel, is om dit vuil te maak, te bemors of te besmet. Besoedeling is baie sleg vir die omgewing en kan mense, plante en diere siek en selfs dood maak. Besoedeling is ’n groot probleem en daarom moet elkeen van ons ons deel doen om ons planeet…
12 Jan 2024 10 min

Beeldhoukuns

Een van die belangrike maniere hoe beeldhoukuns van die meeste ander kunsvorme verskil, is dat beelde op byna enige plek gesien kan word – binne-in geboue, vas aan die buitekant van geboue en sommer enige plek buite in die natuur.
12 Jan 2024 14 min

Atome

ʼn Atoom is die kleinste deeltjie van ʼn element wat nog die eienskappe van daardie element vertoon. Hierdie deeltjie kan selfstandig of in verbinding met ander atome bestaan.
12 Jan 2024 10 min

Atmosfeer

Die atmosfeer van die aarde word ook die dampkring genoem en bestaan uit ’n mengsel van gasse wat waarskynlik van vulkaniese uitbarstings afkomstig is. Hierdie gasse lê reg rondom die aarde en word in plek gehou deur die aarde se aantrekkingskrag. ’n Mens kan amper sê dit lê soos ’n…
12 Jan 2024 14 min

Atlantiese Oseaan

Die Atlantiese Oseaan is die tweede grootste oseaan naas die Stille Oseaan. Die oseaan beslaan 106 400 000 km2 en is die seegebied tussen die westekant van Noord- en Suid-Amerika en die oostelike kuslyn van Europa en Afrika.
12 Jan 2024 9 min
240 – 260