Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
260 – 266

Apartheid en segregasie

Suid-Afrika is bekend vir vele interessante dinge soos ons hutspot van kulture, diverse reeks van fauna en flora, ryk kultuurgeskiedenis en besonderse natuurskoon. Maar die land is ongelukkig ook bekend vir ’n onstuimige politieke verlede wat apartheid en segregasie ingesluit het.
12 Jan 2024 14 min

Antieke Egipte

Die groot beskawing van antieke Egipte het ongeveer vyfduisend jaar gelede in die vallei van die Nylrivier ontstaan. Dit was naastenby in die jaar 3100 v.C. Hierdie beskawing het vir meer as tweeduisend jaar lank bestaan en goed gefunksioneer totdat dit ongeveer teen die jaar 30 geëindig het. In die…
12 Jan 2024 15 min

Afrikaans

Die Afrikaanse spreekwoord “so gemaak, en so gelaat staan” is vir baie dinge waar, maar beslis nie vir Afrikaans nie. Afrikaans is die moedertaal van meer as ses miljoen Suid-Afrikaners (sowat 12,2%) en is, naas Zoeloe en Xhosa, die derde grootste taal in die land.
12 Jan 2024 14 min

Afrika

Afrika in sy geheel gesien, is hoofsaaklik ʼn arm en ylbevolkte vasteland. Die hele vasteland lê in tropiese en subtropiese streke, en sy totale oppervlakte beslaan ʼn landoppervlak van 30,37 miljoen vierkante kilometer of 20% van die landoppervlakte van die aarde. Dit is so groot dat ʼn mens die Verenigde…
12 Jan 2024 40 min

Afknouery

Afknouery is wanneer iemand opsetlik (doelbewus) en herhaaldelik (oor en oor) seergemaak word deur woorde of optrede, sleg voel as gevolg daarvan en dit moeilik vind om te stop wat met hulle gebeur. Afknouery of boeliegedrag is nooit reg nie en niemand verdien om geboelie te word nie.
12 Jan 2024 8 min

Aardbewings

Het jy al in jou bed gelê en skielik het dit gevoel of die hele kamer skud? Of op die bank gesit en televisie kyk en dan klink dit of die vensters bewe en uit hul rame gaan breek? Dan het jy waarskynlik ’n aardbewing gevoel!
12 Jan 2024 7 min
260 – 266