Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
125 Episodes
1 – 20

Woede

Woede is ʼn sterk gevoel van kwaadheid wat jy nie kan beheer nie. ʼn Mens word gewoonlik woedend wanneer jy beledig of verontreg voel, of wreedheid en onreg sien plaasvind. ʼn Persoon wat woede ondervind, sal dikwels fisieke toestande ervaar, soos 'n vinnige hartklop, verhoogde bloeddruk en verhoogde vlakke van…
22 Nov 4 min

Volume van klank

Hoe harder die musiek, hoe geselliger die partytjie, of hoe? Het jy al gewonder hoe volume werk? Wel, voordat ons volume kan verstaan, is dit belangrik om eers te kyk na waar klank vandaan kom. Alle klank is ’n vibrasie of golf wat deur materie beweeg (vaste stof, vloeistof of…
22 Nov 5 min

Voedselgroepe

’n Gebalanseerde dieet is ’n dieet wat uit die regte aantal porsies van al die voedselgroepe bestaan sodat ons onder meer genoeg vitamiene en minerale inneem. Ons moet ook genoeg water drink. Hoewel water nie energie verskaf nie, is dit steeds ’n voedingstof. Ongeveer 60% van ’n mens se liggaamsmassa is water en die…
22 Nov 7 min

Uitskeiding

Uitskeiding (ook ekskresie genoem) is wanneer stowwe uitgeskei word. Dit is ’n natuurlike proses vir mens, dier en plant om van afvalstowwe ontslae te raak en is een van die sewe basiese lewensfunksies.
22 Nov 6 min

Strukture van diere en sigbare verskille

Alle diere is aangepas en het strukture wat hulle help om by hul omgewing aan te pas en te oorleef. Sommige strukture help diere om kos te vind, soos die uitstekende sig (oë) van ’n arend (wat vier keer beter as ’n mens kan sien!). Ander diere het kamoeflering wat…
22 Nov 8 min

Soorte strukture

Die meeste strukture is ontwerp om bestendig en sterk te wees, wat beteken dat dit nie moet breek, verbrokkel of omval as iets swaars bo-op of daarteen geplaas word nie. Die vorm van ʼn struktuur is baie belangrik. Afhangend van die vorm kan ’n struktuur druk of weerstand hanteer en…
22 Nov 10 min

Rivierstelsel

’n Rivier is ’n waterloop of watervoor wat in ’n natuurlike bedding vanaf ’n hoër deel van ’n omgewing na ’n laer deel van die omgewing vloei. Meeste riviere vloei vanuit die binneland wat hoër geleë is na die see wat laer geleë is. Daar is ook riviere wat in…
22 Nov 4 min

Penisillien

Penisillien behoort tot ’n groep mediese middels wat antibiotika genoem word. Hierdie medisyne bestry of beveg infeksies wat deur klein lewende organismes – wat bakterieë genoem word – veroorsaak word. Penisillien werk deur te keer dat bakterieë nuwe selwande vorm. As hulle nie nuwe selwande kan maak nie, groei daar…
22 Nov 5 min

Oseane rondom Afrika

Die suidelike deel van die Afrika-kontinent word deur twee oseane omsoom (omring), naamlik die Atlantiese Oseaan aan die westelike kant van die kontinent en die Indiese Oseaan aan die oostelike kant.
22 Nov 6 min

Materie

Alle materie bestaan uit baie klein deeltjies wat molekules genoem word. Molekules bestaan uit twee of meer atome wat deur chemiese binding aanmekaar gehou word. ’n Mens kan nie molekules of atome met die blote oog sien nie; dit is baie klein deeltjies, selfs kleiner as ’n spikkeltjie stof.
22 Nov 8 min

Die wonder van lig

Reeds van die vroegste tye af het wetenskaplikes probeer vasstel wat lig is. Vanaf 500 v.C tot 300 v.C. het navorsers soos Sokrates, Plato en Aristoteles met hul navorsing en teorieë die grondslag gelê vir onder meer sterrekunde, biologie, wiskunde, politiek en filosofie. Die meeste van hulle het probeer om natuurverskynsels…
22 Nov 6 min

Lewende en nielewende dinge

Mense en diere is sekerlik die bekendste voorbeelde van lewende dinge. Lewende dinge haal asem, eet, skei afvalstowwe uit, groei, beweeg, plant voort en het sintuie waarmee die omgewing waargeneem word. Lewende organismes voldoen dus aan die lewensprosesse.
22 Nov 8 min

Hernubare energie

Hernubare energie – wat ook skoon energie of groen energie genoem word – kom van natuurlike hulpbronne of prosesse wat voortdurend aangevul word, soos sonlig, water en wind.
13 Nov 5 min

Getye

Getye is die styging en daling van die seevlak, en dit word hoofsaaklik deur die uitwerking van die son en die maan se swaartekrag veroorsaak.
13 Nov 4 min

Gesteentes

Het jy al opgelet dat alle klippe verskil, nie net wat grootte en vorm betref nie, maar ook kleur en samestelling? Klippe (’n mens kan dit ook rotse of gesteentes noem) verskil van dorp tot dorp, land tot land, kontinent tot kontinent.
13 Nov 6 min

Wieg van die Mensdom

As mens die woord “wieg” hoor, dan dink jy dadelik aan ʼn baba se eerste bedjie. Net soos hierdie kleine bababedjie is daar ʼn veel groter “bababed” in ons land wat, volgens argeoloë en navorsers, die Wieg van die Mensdom genoem word, m.a.w. waar daar tekens of oorblyfsels van die…
12 Nov 17 min

Neerslag

Al die vorms van water uit die lug – waterdruppels (reën), ys (hael) of sneeu – is meestal van wolke afkomstig. Die oomblik wat die water of ys op die grond val, noem ons dit neerslag. Neerslag is natuurlik ʼn baie belangrike deel van die aarde se watersiklus, waarsonder lewende…
12 Nov 6 min

Musiekgenres

Daar is baie verskillende soorte musiek wat in uiteenlopende taal-, kultuur- en ouderdomsgroepe se smaak val. Musiek word in verskillende musiekgenres verdeel. Die ritme, melodie en harmonie van die musiek bepaal onder watter musiekgenre dit ingedeel word.
12 Nov 12 min

Gas (materie)

Gas is materie in ’n lugagtige toestand sonder ’n bepaalde vorm of volume. Dit het dus nie ’n vaste vorm nie en sal versprei in die ruimte waarin dit is, soos byvoorbeeld die suurstof wat ons inasem. Materiale is oral om ons en bestaan in drie vorme: vaste stowwe, vloeistowwe…
12 Nov 7 min
1 – 20