Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
20 – 40

Groepsdruk

Groepsdruk verwys na daardie aksie om soos ander te probeer wees, deur soos hulle aan te trek of te doen wat hulle doen, dikwels om binne ʼn spesifieke portuurgroep in te pas.
17 Jul 6 min

Reënval

Reënval is deel van die aarde se eindelose watersiklus. Aan die begin van die siklus verhit sonlig water op die aarde se oppervlak.
17 Jul 6 min

Die Nylrivier

Die Nylrivier vloei van suid na noord deur Oos-Afrika. Dit begin in die riviere wat in die Victoria-meer vloei en mond uit in die Middellandse See.
17 Jul 5 min

Nuttige en skadelike organismes

ʼn Organisme is enige lewende ding, byvoorbeeld enige dier of plant. Organismes is  ʼn biotiese of lewende deel van die omgewing.
17 Jul 10 min

Tektoniese plate

Tektoniese plate bestaan uit soliede rots en onder die plate is ’n swakker laag gedeeltelik gesmelte rots.
17 Jul 9 min

Greenwich-lengtelyn

Die Greenwich-lengtelyn word so genoem omdat dit deur Greenwich in Engeland loop.
17 Jul 6 min

Die Middeleeue

Die Middeleeue beskryf die tyd tussen die val van die Romeinse Ryk in ongeveer 476 en die begin van die Renaissance-era in die 14de eeu.
14 Jul 11 min

Damme van Suid-Afrika

Suid-Afrika het meer klein as groot damme, want weens ’n groot landboubedryf het baie plase hul eie damme.
14 Jul 8 min

Poësie

Poësie verwys na die digkuns. ʼn Gedig is ʼn letterkundige teks in versvorm, met of sonder rym, waarin die digter ʼn sekere gedagte of gevoel deur middel van taalsimbole wil oordra.
14 Jul 7 min

Louis Braille

Louis Braille is op 4 Januarie 1809 in Coupvray, ʼn klein plattelandse dorpie buite Parys in Frankryk, gebore.
14 Jul 11 min

Die tikmasjien

Die tikmasjien stem in verskeie opsigte met die rekenaarsleutelbord wat ons vandag gebruik, ooreen. Al die letters wat op ʼn rekenaar se sleutelbord en selfs ʼn selfoon is, is in dieselfde volgorde as op die tikmasjiene van destyds.
8 Jul 6 min

Die wa

ʼn Wa word beskryf as ʼn vierwielige ry- of voertuig wat deur diere getrek word, ʼn vierwielige voertuig wat swaar goedere vervoer, of ʼn spoorwegvoertuig.
8 Jul 11 min

Sonnestelsel

Die sonnestelsel bestaan uit die son saam met al die planete wat rondom die son wentel. Dit sluit ook asteroïede, meteore, komete en die planete se mane in.
8 Jul 16 min

Massa

Massa is die hoeveelheid materie in ʼn voorwerp. Dit is dus ʼn kombinasie van die aantal atome, die digtheid van die atome en die soort atome in ʼn voorwerp.
23 Jun 7 min

Kulturele seremonies en rituele

Kulturele seremonies kom wêreldwyd voor. Dit word vanaf die geboorte van ’n persoon tot die dag waarop hy/sy sterf, gebruik om belangrike mylpale in sy/haar lewe aan te dui.
23 Jun 10 min

Die wiel

Danksy die slim uitvindsel en ontwikkeling van die wiel, is dit vandag moontlik om die wiel op allerlei maniere in te span en aan te wend vir menslike gebruik – veral in die vorm van vervoer.
23 Jun 16 min

Eklips

ʼn Eklips of verduistering vind plaas wanneer een hemelliggaam voor of in die skaduwee van ’n ander een inbeweeg en gedeeltelik of heeltemal verdwyn.
23 Jun 12 min
20 – 40