Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
40 – 60

Vibrasie

Vibrasie kan onderskei word in twee groepe. naamlik vrye vibrasie en gedwonge vibrasie.
23 Jun 11 min

Wrywing en statiese elektrisiteit

Wrywing is die weerstand van beweging wanneer een voorwerp teen ’n ander vryf/skuur en statiese elektrisiteit is die opbou van ’n elektriese lading op die oppervlak van ’n voorwerp.
23 Jun 8 min

Verwerkte materiale

Verwerkte materiale is materiale wat deur mense vanuit die natuurlike vorm verfyn of opgebou is.
23 Jun 9 min

Eienskappe van materiale

Materiale is oral om ons en vorm alles wat ons in die alledaagse lewe gebruik en waarneem. Dit kan verskillende vorme aanneem en kom in drie hooftoestande voor: vaste stowwe, vloeistowwe en gasse.
23 Jun 10 min

Ligjare, ligure en ligminute

Groot getalle is moeilik en onprakties om te gebruik, en daarom gebruik ons eerder afstandseenhede gebaseer op die spoed van lig. Dit maak die getalle kleiner, meer verteerbaar en makliker om te gebruik.
23 Jun 6 min

Judaïsme

Judaïsme is die godsdiens van die Joodse volk. Dit is die oudste van die vier grootste monoteïstiese godsdienste ter wêreld (’n godsdiens gebaseer op die geloof dat daar net een God is), en dit is meer as 4 000 jaar oud.
23 Jun 10 min

Heelal

Heelal beteken letterlik “die versameling van alles wat bestaan”. Onder hierdie “alles” word straling en materie in ʼn verskeidenheid van vorme ingesluit.
12 Jun 13 min

Hidrosfeer

Die hidrosfeer is die totale hoeveelheid water wat op, onder en bo die oppervlak van die aarde bestaan. Dit sluit vloeibare water op die oppervlak in, soos oseane, mere en riviere.
12 Jun 13 min

Vette, olies, minerale en vitamiene

Die groepe voedingstowwe is koolhidrate, proteïene, vette (en olies), vitamiene en minerale en water. As jy gesond wil bly, is dit belangrik om ’n verskeidenheid kosse uit al hierdie groepe in die regte hoeveelhede te eet.
12 Jun 24 min

Die ‘Titanic’

Daar is waarskynlik geen ander skip in die geskiedenis wat so bekend geword het soos die Titanic nie – al was dit weens die gebeure dat die skip eerder berug as beroemd geword het.
12 Jun 16 min

Marog

Marog, wat ook “misbredie” in Afrikaans genoem word, is nie net een spesifieke gewas nie. Dis die naam wat deur Afrika-gemeenskappe gebruik word om plaaslike blaargroente te beskryf.
12 Jun 14 min

Litosfeer

Die litosfeer is die laag van die aarde waar aardbewings gebeur, nuwe berge ontstaan, vulkane uitbars en waar oseane gevorm word.
8 Jun 17 min

Tropiese reënwoude

Tropiese reënwoude is digte, warm en nat woude waarin baie bome en ander plante groei.
8 Jun 23 min

Proteïene

Proteïene kom orals in jou liggaam voor. Dit is in jou spiere, bene, vel, hare en feitlik elke ander liggaamsdeel of weefsel.
8 Jun 15 min

Woestyne

Die hoofkenmerk van woestyne is dat dit baie min reën daar – gewoonlik minder as 250 mm reënval per jaar. Daarom is woestyne droog.
8 Jun 25 min

Volksverhaal

ʼn Volksverhaal ontstaan tradisioneel in die volksmond en word van geslag tot geslag oorvertel. Die doel van volksverhale is om sin te maak van menslike gedrag en die samelewing of om natuurverskynsels te verklaar. Vóór die ontwikkeling van skryfstelsels is volksverhale mondelings oorvertel of opgevoer.
8 Jun 4 min

Robbeneiland

Robbeneiland is veral bekend omdat dit die plek is waar Mandela vir soveel jare ’n politieke gevangene was, maar dié eiland speel al vir baie eeue op ander maniere ’n rol in die geskiedenis van Suid-Afrika, en behoort nie slegs as ’n tronk onthou te word nie.
8 Jun 19 min

Drama

Die woord "drama" beteken 'handeling' in Grieks en kan verwys na ʼn dramateks, sowel as die opvoering van ʼn dramateks.
8 Jun 6 min

Ongelykheid en armoede

Die woord ongelyk beteken dat hulle nie in alle opsigte dieselfde is nie en dat iets nie op dieselfde vlak is nie.
8 Jun 7 min

Adolf Hitler

Adolf Hitler (1889-1945) is vandag bekend as een van die brutaalste diktators in die geskiedenis. Hy het die Tweede Wêreldoorlog – die bloedigste oorlog ooit – begin deur Pole in te val. Hy was ook die meesterbrein agter die Joodse volksmoord
8 Jun 20 min
40 – 60