Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
220 – 240

Kulturele danse

Dans is ‘n opeenvolging van bewegings van die voete, hande en lyf op die maat van musiek, deur ’n individu, ‘n danspaar of ‘n groep. Daar is verskeie vorme van dans: ’n informele manier vir sosiale ontspanning en pret, of ’n formeler vorm wat ’n spesifieke styl behels. Daar is…
19 Jan 2024 17 min

Klimaat

Ons land word dikwels ‘sonnige Suid-Afrika’ genoem omdat ons so ‘n lekker klimaat het en mense wat na lande soos Londen getrek het mis ons heerlike weer gewoonlik. Maar ons klimaat het nie net met ons oorvloedige sonskyndae te doen nie.
19 Jan 2024 15 min

Kinderregte

Die regte van kinders word in die meeste lande as baie belangrik beskou. Daar is ook belangrike dokumente in die wêreld wat aandag gee aan die regte van kinders.
19 Jan 2024 11 min

Kaapkolonie vanaf die 19de eeu

Tussen 1806 en 1872 word die Kaap ʼn Britse Kolonie of Kroonkolonie genoem. (Kroonkolonie verwys natuurlik na die Britse kroon.) Rede vir oorname Die Kaap is in 1806 deur die Britse regering oorgeneem.
19 Jan 2024 15 min

Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck was die stigter van die Nederlandse verversingspos in Tafelbaai in 1652. Hy kan beskou word as die vader van die volksplanting in Suid-Afrika, maar sy eerste besoek aan die Kaap was eintlik heel toevallig.
19 Jan 2024 14 min

Inheemse en uitheemse plante

Jy het sekerlik al die terme fauna en flora gehoor as iemand praat van ʼn land of streek se diere- en planteryk? Die term wat ons vir dierelewe gebruik, is fauna.
12 Jan 2024 16 min

Indiese Oseaan

Van die drie bekendste oseane in die wêreld – die Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan – is die Indiese Oseaan die kleinste. Dié oseaan is ongeveer vyf-en-’n-half keer die grootte van die Verenigde State van Amerika (VSA).
12 Jan 2024 6 min

Goedere en dienste

Goedere is materiële dinge wat ’n mens kan sien, aanraak en koop. Dit is dinge wat mense benodig om aan hul behoeftes en begeertes te voldoen.
12 Jan 2024 5 min

Geskiedenis van diamante in Suid-Afrika

Die geskiedenis van diamante in Suid-Afrika strek oor meer as 150 jaar. Om te dink dit het alles begin toe ʼn 15-jarige seun ʼn blink klippie op sy pa se plaas langs die Oranjerivier opgetel het! Dié ontdekking het nie net Suid-Afrika se geskiedenis nie, maar ook die ekonomie van…
12 Jan 2024 21 min

Gauteng

Geografies is Gauteng nie ʼn eiesoortige streek nie, dit is eintlik deel van die Hoëveld. Maar dit kan tog as die hartland van Suid-Afrika beskou word. Die nasionale politieke mag is in die Uniegebou in Pretoria gesetel, en die finansiële en industriële mag in Johannesburg en ʼn groep dorpe naby…
12 Jan 2024 15 min

Franse Hugenote

In 1685 het duisende Franse Hugenote na ander Protestantse lande begin vlug omdat hulle – onder andere as gevolg van hulle godsdiens – in Frankryk vervolg is.
12 Jan 2024 11 min

Fotosintese

Wanneer ons honger is, gryp ons sommer iets uit die yskas of koskas om te eet. Maar wat doen plante as hulle honger raak? Hulle kan nie gou winkel toe gaan nie! Ons weet dat plante sonlig, water en grond nodig het om te kan groei, maar hulle het ook…
12 Jan 2024 7 min

Fossielbrandstowwe

Alle masjiene benodig brandstof (of energie) om dit te laat werk. Ongeveer 85% van die energie wat ons gebruik, is afkomstig van fossielbrandstowwe wat verbrand word.
12 Jan 2024 9 min

Fases van die maan

Hoewel ons maan met sy deursnee van 3 476 kilometer soos ʼn groot ligbal lyk, skyn die aarde se maan nie self nie; dit is in werklikheid soos ʼn spieël.
12 Jan 2024 5 min

Entrepreneurskap

Wanneer jy soggens aantrek vir skool, het jy al ooit gewonder waar jou tandeborsel vandaan kom? En die tandepasta wat jy gebruik? Die seep waarmee jy jou gesig was en die haarborsel waarmee jy jou hare kam – al hierdie items het hul ontstaan en weg gevind tot in ons…
12 Jan 2024 8 min

Energie

Energie is die vermoë om arbeid te verrig of die krag wat beweging of handeling veroorsaak. Dit kom in verskillende vorme voor, byvoorbeeld hitte-, lig-, klank-, elektriese-, kinetiese-, potensiële-, en kernenergie.
12 Jan 2024 21 min

Elektrisiteit

Elektrisiteit is ʼn vorm van energie wat onder meer lig en warmte teweeg kan bring en opgewek kan word deur wrywing, induksie of chemiese veranderinge.
12 Jan 2024 19 min

Ekonomie

Jy het seker al gehoor as die grootmense oor die land se ekonomie gesels. Hulle sê dalk iets soos, “Dit groei swak,” of “Dit groei omtrent glad nie”. Maar het jy geweet dat jy ook ’n rolspeler in die ekonomie is? Elke keer as jy iets koop (selfs by jou…
12 Jan 2024 13 min
220 – 240