Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
200 – 220

Vulkane

Jy het seker al op die televisie of in ‘n rolprent gesien hoe ‘n berg ‘n oranjerooi, vuurwarm vloeistof uitspoeg wat soos ‘n rivier oor die aarde se oppervlak vloei en alles in sy pad verbrand, verskroei of verteer. Ons noem dié verskynsel ‘n vulkaniese uitbarsting.
5 Mar 2024 11 min

Vrystaat

Hierdie provinsie is voorheen die Oranje-Vrystaat genoem. In die 19de eeu was dit ʼn ruk lank, tot ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) ʼn onafhanklike staat.
5 Mar 2024 21 min

Vroeë jagters van Suid-Afrika

Om te jag is een van die oudste maniere waarop mense hulself aan die lewe gehou het. Mense het in die vroegste tye hul kos in die hande gekry deur veldkos te versamel en diere vir vleis te jag.
5 Mar 2024 9 min

Vloeistof

Vloeistof is ʼn toestand van materie tussen ʼn vaste stof en ʼn gas waarin die deeltjies relatief vry beweeg en dus die vorm van die houer waarin dit is, aanneem, byvoorbeeld water.
5 Mar 2024 8 min

Vloede

’n Vloed is ’n oorvloed (’n groot hoeveelheid) water wat gewoonlik skielik of binne ’n kort tydjie op grond voorkom wat gewoonlik droog is. Vloede is meestal die gevolg van ’n rivier wat oorstroom, ’n dam wat breek, sneeu wat smelt of baie swaar reënval.
5 Mar 2024 10 min

Vleilande

’n Gebied word as ’n vleiland gesien indien dit moerasagtige grond, waterliewende plante en ’n hoë watertafel het. Dit word gesien as grond wat oorganklik is tussen grond- en watersisteme waar die watertafel gewoonlik naby die bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is.
5 Mar 2024 7 min

Vincent van Gogh

Hoewel hy nie gedurende sy leeftyd bekend was nie en slegs een skildery, Die Rooi Wingerd (The Red Vineyard) verkoop het, word Vincent van Gogh vandag as een van die grootste en invloedrykste kunstenaars van sy tyd beskou.
5 Mar 2024 9 min

Vaste stof

Vaste stof is ʼn toestand van materie waarin die deeltjies nie vry is om te beweeg nie, maar vaste posisies het waarin dit vibreer, byvoorbeeld yster. Materiale is oral om ons, hetsy in die vorm van vaste stowwe, vloeistowwe of gasse. ʼn Materiaal sal altyd een van hierdie drie stowwe…
5 Mar 2024 8 min

Vervoer

Vervoer is die verskuiwing of beweging van mense of goedere van een plek na ’n ander plek. Waar vervoer jare gelede baie primitief (eenvoudig) was en dit soms ’n paar maande geneem het om van een plek na ’n ander te reis, is vervoer vandag blitsvinnig.
5 Mar 2024 10 min

Vars water

Daar is twee soorte water in die wêreld – soutwater en vars water. Het jy al ooit in die see geswem en per ongeluk van die water ingesluk? Dit het sout gesmaak, nè? As jy die water in ’n meer of ’n dam sou insluk, sal dit nie so sout…
5 Mar 2024 9 min

Transatlantiese slawehandel

Transatlantiese slawehandel, wat deel van die wêreldwye slawehandel was, het van die 16de tot die 19de eeu geduur. Tussen 10 en 12 miljoen swart Afrikane is as slawe oor die Atlantiese Oseaan na die vroeë Amerikaanse kolonies (die Amerikas) weggevoer.
5 Mar 2024 12 min

Toneelskepping

Die woord toneel verwys na veel meer as net ’n konsert en sluit, onder meer, die volgende in: dit kan ’n plek wees waar iets besonders voorval of gebeur, of dit kan die voorval of gebeurtenis self wees.
5 Mar 2024 13 min

Tafelberg

Tafelberg is die bekendste berg in die Suidelike Halfrond en is ʼn onvergeetlike gesig, veral in die somer wanneer die suidoostewind waai en wolke en mis oor die rand van hierdie groot, grys berg val om die beroemde “tafelkleed” te vorm.
6 Feb 2024 13 min

Boeddhisme

Volgens oorlewering is Siddhartha Gautama die Boeddha waaruit Boeddhisme ontstaan het. Hy was die seun van koning Suddhodana, 1 heerser van die Sakya-stam (‘n etniese groep suid van die Himalajagebergte) in die 5de eeu v.C.
6 Feb 2024 31 min

Baken

’n Baken of landmerk is ’n maklik herkenbare voorwerp wat uitstaan in die omgewing – hetsy natuurlik of mensgemaak. Bakens kan dikwels van ’n afstand gesien word en is veral nuttig om jou posisie in die omgewing te bepaal. Dit word ook ’n landteken genoem.
6 Feb 2024 14 min

Asemhaling

By die mens en dier beteken asemhaling altyd die opneem van suurstof en die uitskeiding van koolsuurgas.
6 Feb 2024 25 min

Limpopo

Limpopo is bekend vir sy hoë berge en digte woude. Die hoofstad Polokwane se naam beteken “Plek van veiligheid” in Sepedi. Meer as die helfte van die inwoners praat Sepedi.
19 Jan 2024 12 min

Leier

Die voetspore van leiers is oral sigbaar in ons samelewing. Belangrike besluite is deurgevoer danksy dapper leiers wat bereid was om die eerste tree te gee en ook te lei deur ʼn goeie voorbeeld te wees. Oral om ons is daar leiers, baie van ons is self ook leiers.
19 Jan 2024 11 min

KwaZulu-Natal

Durban en KwaZulu-Natal se noord- en suidkus is baie gewilde vakansiebestemmings vir mense van die Hoëveld en Zimbabwe, veral in die winter. Van April tot Oktober hou die warm Agulhasstroom, wat ʼn paar kilometer van die kus af suidwaarts vloei, die watertemperatuur op ʼn baie aangename 25 grade Celcius.
19 Jan 2024 26 min
200 – 220